The complete topical guide to the Bible [resensie]
top of page

The complete topical guide to the Bible [resensie]


Martin E. Manser, Alister J. McGrath, J.I. Packer & Donald J. Wiseman. The complete topical guide to the Bible. Baker Books. 2017

Elke Christene behoort ‘n konkordansie van die Bybel te besit wat gedeeltes lys wat in die Bybel voorkom onder ‘n spesifieke woord of naam. Dit is nuttig om ‘n teksvers na te slaan.

Hier het jy egter iets anders wat selfs meer nuttig is. Dink aan ‘n onderwerp soos genade of ‘n gebrek aan respek, simpatie of teokrasie. Waar vind jy die tekste wat hiermee verband hou omdat die spesifieke woorde waarmee die tema aangedui word nie in die tekste voorkom nie? Jy kan nie oor genade dink as jy nie ook Johannes 3:16 voor jou het nie maar die woord ‘genade’ kom nie in die teksvers voor nie. Dié gids bevat honderde sulke temas en bied dan die tekste wat daarmee verband hou aan.

Die breë temas waaronder die temas ingedeel word, is: God, Jesus Christus, die Heilige Gees, skepping, mensdom, sonde en redding, God se mense, die lewe van die gelowige en die laaste dinge. Onder elke breë onderwerp is daar dan talle temas. Die stelsel maak sin en word met nommers gemerk. Voor in die boek is daar ook ‘n lys van al die temas wat alfabeties georden is sowel as ‘n lys van die breë onderwerpe met die temas wat daaronder val.

Wanneer jy Bybelstudie doen, kan jy met groot bate ‘n tema neem en die subtemas ondersoek aan die hand van die Skrifgedeeltes. Jy kan egter ook ‘n tema neem, dit in die indeks opsoek en naslaan. En indien jy tyd het, kan jy dié tema dan vergelyk met die omliggende temas wat dikwels bydra tot die betekenis van die tema waarna jy kyk.

Ek het spesifiek die medewerkers bo-aan gelys omdat dit bekende teoloë is wat elkeen in eie reg al verskeie topverkoperboeke geskryf het. En hulle is mense aan wie jy die ondersoek van die Bybel kan toevertrou.

Hier kry jy verwysings, definisies en kruisverwysings na ander verwante temas. Dit vorm ‘n goudmyn. Elke tema word kortliks omskryf voordat dit in subtemas verdeel word.

As daar één nuttige boek is wat ‘n ernstige Bybelstudent ‘n lewe lank gaan besig hou, is dit dié tematiese gids tot die Bybel. ‘n Volledige gids met duisende verwysings oor elke tema waaraan jy kan dink!


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page