Wanneer die opstandingsboodskap jou opstandig maak
top of page

Wanneer die opstandingsboodskap jou opstandig maak


"Petrus en die ander apostels het dadelik geantwoord: “Ons moet in die eerste plek aan God gehoorsaam wees, nie aan mense nie.” Handelinge 5:29

Petrus word nogal daarvoor onthou dat hy die dissipel was wat Jesus in sy uur van nood verraai het omdat hy bang was vir die vervolging van die owerheid. Ná Jesus se opstanding het hierdie man se lewe egter radikaal verander. So vertel die verhaal in Handelinge 5:17-32 ons hoe Petrus en sy mede-apostels radikale standpunt vir hul geloof inneem. Sonder aarseling gaan hulle voort met die Woordverkonding wetende dat hulle deur die owerheid vervolg kan word. Ons kan as’t ware sê dat die opstandingsboodskap hierdie manne opstandig teen die nie-waarheid gemaak het. Hulle kies om meer gehoorsaam aan God as aan mense te wees. Dis juis dan, wanneer hulle in die tronk gegooi word, wat God hulle op misterieuse wyse vrylaat.

Wanneer die ware impak van die opstanding van ons Verlosser deur ons denke en hart vloei, kan ons nie meer dieselfde bly nie. Dan raak dit vir ons ook moontlik om meer gehoorsaam aan God as aan mense te wees. Dan is ons bereid om, ongeag die konsekwensies, die waarheid te verkondig. En om ongeag ons eie gerief, sy soort liefde radikaal te leef.

Het die opstandingsboodskap jou al so diep geraak dat jy spontaan God se waarheid bo mense se menings kies?

Dankie, lewende God dat U die dood oorwin het sodat ek en elke mens op aarde gered kan word. Help my om u waarheid onverskrokke te bely.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page