Wil jy reg wees of wil jy vrede hê?
top of page

Wil jy reg wees of wil jy vrede hê?


Wie die Here altyd liefhet, ervaar blydskap. Wie sy hart hard maak, sal nooit gelukkig wees nie. Spreuke 28:14

Trots is dikwels ‘n vrede-steler. Want trots maak dat ons onsself wil laat geld. En wanneer dit vir ons lewensbelangrik is, skop selfsug, vergelding en die wil om altyd “reg” te wees in. En dan ... dan verdwyn vrede onmiddellik. Wanneer ons moet kies tussen “reg” wees en “vrede” ervaar, kan ons gerus onsself afvra:

  • Maak dit regtig saak dat ek in hierdie situasie moet bewys dat ek “reg” is, of is dit eintlik glad nie so belangrik nie?

  • Wat is ek bereid om op te offer ter wille van “reg wees”. Is dit regtig die moeite werd om my eie vrede en die vrede tussen my en iemand ander op prys te stel in ‘n poging om te bewys dat ek toe al die tyd reg was?

  • Watter verskil gaan dit aan jou siel – aan jou ewigheid – maak as jy nou bewys dat jy reg is?

Soms moet ons ons man staan en ons sê sê. Veral as die koninkryk van ons Vader benadeel word. Dan is dit egter belangrik om dit met groot begrip en liefde te doen. Ander kere egter weeg vrede egter net soveel swaarder op as enige iets anders.

Kies om gelukkig en vredevol te leef. Op die lang duur sal jy trots voel op jouself en rus in jou hart en jou lewe ervaar.

Vredevors, help my om vrede te kies en liefde te leef.


bottom of page