Geloof is of alles of niks
top of page

Geloof is of alles of niks


Min mense sal blatant sê hulle glo nie. Almal is so godsdienstig as wat kan kom; almal is “spiritual” soos wat die Engelse ouens graag sê. Studie op studie wys egter dat selfs baie mense wat hulleself as Christene beskou nie aldag eens die heel basiese geloofswaarhede van die Bybel glo nie. Geloof is blykbaar vir baie slegs ’n onderdeel van hulle lewe en nie die hartklop van hulle menswees nie. Dit is ’n aanvulling en nie die alternatief nie Daarom dat ons weer die bekende Christendenker en skrywer, C. S. Lewis, se padlangse woorde moet hoor: “Christianity is a statement which, if false, is of no importance, and, if true, is of infinite importance. The one thing it cannot be is moderately important.” Ons geloof in die Here moet ons lewe van kop tot tone raak en verander. Anders is ons geloof nie belangrik genoeg nie. Anders is dit alles net vroom taal en mooi rituele. Maar dan loop ons die risiko om God Self mis te loop. Dan beoefen ons godsdiens sonder die evangelie. Dan volg ons ons eie hart na en nie vir Christus nie. Geloof vra alles. Nee, God vra alles. Ons volg Christus met ons hele lewe.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page