Leier Nuusbrief | November 2017 | Deel 2
top of page

Leier Nuusbrief | November 2017 | Deel 2


Gaan verby vrees vir mislukking

Failure is an event not a person – Zig Ziglar.

Helfte van alle volwassenes sê dat vrees vir mislukking die rede is waarom hulle nie hulle doelwitte in die lewe bereik nie.

Vrees verhoed optrede; jy kan egter die wyse waarop jy mislukking sien in ‘n ander raamwerk plaas.

1. Daar is net drie maniere waarop jy kan misluk

Dit is as jy tou opgooi of nooit probeer nie of as jy nie verbeter nie,

2. Mislukking is ‘n gebeurtenis, nie ‘n persoon nie.

Moenie veralgemeen nie. Hierdie eenmalige mislukkings is nie wie jy is nie.

3. Mislukking gebeur nie met jou nie, maar vir jou.

Mislukking is dikwels noodsaaklik vir uiteindelike sukses. Mislukking is ‘n vertraging en nie ‘n ompad nie

4. Jy ly nie as jy misluk nie- jou ego ly daaronder

Jou ego is nie jy nie. Dit is maar ‘n klein deeltjie van jouself

5. Jou vrees vir mislukking moet jou nie bang maak nie.

Mislukking probeer vir jou iets sê.

6. Die ideale lewe bevat ‘n groot aantal geleenthede, insluitende ‘n paar waagstukke. Mislukking is ‘n belangrike deel van jou portfolio. Hierdie geleenthede is ryp vir eksperimentering en selfs mislukking. Hierdie ondervindings kombineer om ‘n lewe met ‘n hoë potensiaal vir groei te vorm.

Wat doen gesonde leiers elke dag?

Dit gaan nie oor wat jy in ‘n dag kan doen nie, maar wat jy elke dag doen.

1. Lees die Bybel.

As jy lang tye in jou kar spandeer, gebruik die oudio-Bybel.

2. Gebed.

Praat met die Here. Gebruik ‘n gebedsjoernaal.

3. Oefen.

Elke dag. Stap is goeie oefening.

4. Eet gesond.

Dit is nie altyd maklik nie. Ons is besig en peusel sommer hier en daar. Eet gebalanseerd.

5. Bid met jou vrou, vertel vir haar jy is lief vir haar en praat met haar.

6. Skryf ‘n bemoedigende nota.

Handgeskrewe notas is belangrik vir mense. Skryf een vir iemand wat swaarkry.

7. Doen jou werk.

Prioritiseer jou take en doen hulle van ‘n kant af.

8. Lees.

Lees ten minste 30 minute elke dag (naas jou Bybel).

9. Gee iets aan iemand elke dag.

Daar is geen beter manier om ‘n kultuur van vrygewigheid te bou in jou organisasie of familie nie as om elke dag iets te gee. Gee geld, iets of ‘n gebed, maar gee elke dag iets.

10. Deel jou getuienis van die evangelie met iemand.

As God jou geroep het om ‘n visser van mense te wees, gaan elke dag visvang.

As jy hierdie tien dinge elke dag doen, sal jou en jou familie se lewe verander. Beplan jou werk en werk jou plan.

Waarskuwings vir aspirerende leiers

Kerkleiers besef die druk is op hulle; ander hou hulle dop om te verseker dat hulle die gemeente op ‘n gesonde pad lei. Hulle besef egter ook dat Christus uiteindelik die leier van die kerk is. Hulle besef ook dat daar sekere verwagtings van hulle posisie is; besluite wat nie duidelik in die Skrif omskryf word, moet geneem word.

Hier is ‘n paar waarskuwings wat leiers ten alle koste moet probeer vermy:

  1. Waarvoor jy skik, word die kultuur.

  2. Middelmatigheid word nie geskep nie – dit word aanvaar.

  3. Jou optrede bepaal ander se reaksies.

  4. Moenie aanvaar dat hulle saamstem omdat hulle niks gesê het nie.

  5. Jy sal nooit daar kom deur net daaroor te dink nie.

  6. As jy die leier is, wag hulle vir jou om te lei of afstand van jou leierskap te doen.

  7. Waaraan die span waarde heg, word deur jou optrede en nie deur jou woorde bepaal nie,

Vyf dinge wat leiers bereid moet wees om op te gee

Dwarsdeur die Bybel sien ons goeie en slegte leiers en die impak van beide. Goeie leiers lei mense na die dinge wat werklik saak maak. Goeie leiers sien nie mense as struikelblokke nie – hulle probeer om mense hulle vennote te maak. Maar om dit te kan doen, moet ons besef dat om in vennootskap met mense te wees moet leiers sekere dinge opoffer.

1. Leiers moet bereid wees om erkenning op te offer.

Ons kry dinge gedoen deur die span waarin ons dien. Ek werk hard, maar my produksie weerspieël nie net my werk nie, maar ook die werk van die mense om my. As goeie leier moet ek my span se werk erken; ek moet die krediet met hulle deel; ek moet besef hulle bydrae tot dit wat ons bereik is, is betekenisvol.

2. Leiers moet bereid wees om gemak op te offer.

As leier sal jy nie gemaklik wees in alles wat jy doen nie. As jy lei, gaan jy sommige mense ongelukkig maak. Ed Stetzer sê dat as 10% van die gemeente nie oor jou ontsteld is nie, doen jy waarskynlik nie baie nie. As 70% van die gemeente ontsteld is, moet jy weer dink wat jy doen. As almal gemaklik is moet jy weer dink of jy werklik lei.

Leierskap mag jou uit jou gemaksone neem. Sommige van ons is net gemaklik as almal van ons hou. Daar is altyd ‘n mate van weerstand teen leierskap. Sam Chand (Leadership Pain) sê: “If you’re not hurting, you’re not leading. Your vision for the future has to be big enough to propel you to face the heartaches and struggles you’ll find along the way.”

3. Leiers moet gewillig wees om gerief op te offer.

As leier moet jy werk – harder as ander. Lui mense is nie doeltreffende leiers nie. Evalueer jou organisasie, beplanning; kommunikeer die nuwe rigting; motiveer jou span - dit vereis inisiatief.

Oswald Sanders som dit so op: “The young man of leadership caliber will work while others waste time, study while others snooze, pray while others daydream.”

4. Leier moet bereid wees om vryhede op te offer.

Hoe meer leierskap jy beoefen, hoe minder vryheid het jy om sekere dinge te sê. Natuurlik het jy vryheid van spraak maar onthou jy is ‘n leier wat ‘n span aanmoedig, motiveer en organiseer.

As leier moet jy leer om jou woorde te temper.

5. Leiers moet bereid wees om hulle reputasie op te offer.

Onthou jy dien jou span. As dinge goed gaan moet jy die krediet met jou span deel, maar as dinge verkeerd gaan, moet die leier verantwoordelikheid vir die mislukking aanvaar. Leierskap beteken nie dat jy jou reputasie bou nie; dit beteken wel dat jy jou span, aanmoedig, motiveer en organiseer om nuwe doelwitte te bereik. Dit beteken jy werk saam met mense, wen hulle vertroue – jy moet hulle liefhê.


bottom of page