Die huwelik is nie mooi nie, maar...
top of page

Die huwelik is nie mooi nie, maar...


Van kleins af versamel jong dogtertjies prentjies van trourokke en droom hulle van hulle groot dag. Dit klink soos ‘n feëverhaal. Jy ontmoet jou droomheld, hy is mal oor jou. Julle het ‘n pragtige troue en gaan lank en gelukkig saamlewe. ‘n Ruk na die troue kom hulle dan agter hierdie held snork en hy kan nie stukkende goed in die huis herstel nie! Die jong man kom agter dat sy bruid nie altyd lyk soos op haar troudag nie. As sy opstaan is haar hare verslaap en sy is maar knorrig tot sy haar eerste koppie koffie in het. Robert Anderson sê die volgende oor die huwelik: In elke huwelik van meer as twee weke oud, is daar redes vir ‘n egskeiding. Die geheim is om redes te soek en te bly soek waarom julle getroud behoort te bly.

Die huwelik is soms lelik, want jy sien jou lewensmaat op sy lelikste en slegste. Jy sien hom wanneer hy op sy kwaadste, ongeduldigste en uiters “unloveable” is. Ek dink nie die prentjie van ‘n jong ma wat kliphard saam met haar koliekbaba huil is vir die jong pa baie aantreklik nie. As een van die huweliksmaats baie slordig is en hopies klere rondstrooi kan dit vir die ander een uiters irriterend wees. Miskien is die vetrolletjies wat saampak om n eens slanke liggaam nie mooi vir die huweliksmaat nie.

Die huwelik is nie mooi nie, maar dit is wonderlik. Dink maar aan al die lelike dinge wat jy jou huweliksmaat al toegesnou het en dat hy/sy jou telkens vergewe. Dink aan die kere wat julle saam lag tot die trane loop. Dink aan die kere wat julle doodmoeg in die bed klim en hy geduldig jou seer rug vryf. Ek dink aan ‘n keer toe ons ons eerste sitkamermat gekry het en ons vir die eerste aand plat op die mat gesit en eet en musiek geluister het. En dan: as julle die voorreg het om kinders te hê – om die wonder van ‘n kind se geboorte saam te beleef. Ook in die moeilike tye kan die huwelik wonderlik wees: Dink aan die tye toe julle saam bekommerd was oor geld of ‘n kind en dan saamgebid het daaroor. Dit is vir my altyd so mooi as een van die huweliksmaats ‘n probleem het en die ander een dan onvoorwaardelik vir daardie een opkom en hom/haar beskerm.

Waarom het God die huwelik ingestel? In Genesis 2:13 lees ons: Daarna sê die Here God: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom n metgesel maak, sy gelyke wat hom kan help.” God wil nie hê dat sy lieflingkinders alleen moet wees nie en daarom het Hy beplan dat hulle maats en helpers moet hê.

Die geheim van die huwelik is om die reis saam met God aan te pak. Die dag dat God jou wys, dat jy, net as jy selfloos en onselfsugtig hierdie reis betree, kan ‘n keerpunt vir jou huwelik wees. IL de Viliiers se: Die Baas van elke huwelik is nie die man of die vrou nie, maar die Here van wie se seën hulle afhanklik is.

Die huwelik is soms lelik, soms moeilik, maar dit is ook die wonderlikste reis waarop jy ooit sal kan gaan!


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page