Ken jy Déja vu en Vúja de?
top of page

Ken jy Déja vu en Vúja de?


Déja vu is daardie vreemde gevoel dat jy vantevore al op ‘n plek was, ook al was jy nog nie daar nie. Wat is ‘n vúja de gevoel dan? Wel, dit is net mooi die teenoorgestelde. Dit is om alles elke dag te beleef asof vir die heel eerste keer. Dink net wat sou gebeur as jy andersom begin leef; as jy so begin leef asof jy dit daagliks vir die eerste keer beleef. Dink jy nie dit sal jou totale ingesteldheid tot die lewe kop onderstebo keer as jy elke dag vars en nuut begin op jou roete saam met God, jou huweliksmaat, vriende, kollegas – ja, met alles en almal rondom jou nie? Sal dit nie fantasties wees as jy elke aand jou woede en ongelukkighede van die afgelope dag vergeet en sommer ook daardie swart notaboekies opskeur wat jy in jou hart stoor nie? Wel, hier’s brokkie goeie nuus: God doen elke dag vúja de met ons. Hy begin daagliks van vooraf oor met ons. Sy genade is elke oggend nuut, aldus Klaagliedere 3. Die lewende Here vernuwe ons elke dag innerlik, soos wat Paulus in 2 Korintiërs 4 sê.


bottom of page