Respek en beleefdheid
top of page

Respek en beleefdheid


Julle moet alle mense respekteer en julle medegelowiges liefhê. Vrees God. Eer die keiser. - 1 Petrus 2:17 (1983 Vertaling)

Die apostel Petrus gee hier 'n opsomming van die Bybelse leer oor respek: “Behandel almal met wie julle te doen kry beleefd en gemanierd. Teenoor julle mede-Christene moet julle liefdevol en lojaal wees. Erken en eer God as die groot en magtige Heerser, maar respekteer ook die leier van julle aardse regering." (Die Boodskap).

Hierdie gedeelte bevat vier hoofareas van ons lewens waarin ons leer dat ons as volgelinge van Christus alle mense, ander Christene, God en regeringsowerhede moet respekteer. Om mense met respek te behandel is ‘n Bybelse opdrag – om alle mense lief te hê omdat hulle na die beeld van God geskape is. En dit is nie net mense wat deel is van my spesiale groepie wat soos ek dink en doen nie. Dit beteken alle mense – ongeag geloof, kleur, nasionaliteit, mense van wie ek nie hou nie en mense wat volgens my nie respek verdien nie.

Ons almal was al in ‘n situasie of geselskap waar ‘n kollega/vriend/familielid of selfs ‘n vreemde onbeskof of disrespekvol behandel is en dan voel jy ongemaklik en seergemaak vir die ontvanger se part. Respek in die vorm van basiese goeie maniere soos om asseblief en dankie te sê, iemand in die oë te kyk as hy/sy praat en mekaar te groet is egter nie meer oral die normale manier van doen nie. In navorsing wat in 2016 in Amerika gedoen is kla 95persent van Amerikaners dat respek en beleefdheid ‘n probleem in die samelewing is. En hulle voel dat die situasie versleg het oor die afgelope jare. Basiese goeie maniere en respek wat elkeen in sy ouerhuis behoort te leer is nou nie meer gevestig in die samelewing nie.

Respek gebeur in my klein alledaagse optrede: om mense nie te ignoreer nie, te luister wanneer hulle praat, hulle in die oë te kyk en nie op my foon nie, om te groet, asseblief en dankie te sê, nie te onderbreek terwyl hulle praat nie, ens. Dis basiese goeie maniere – soveel meer moontlik as ek Gees-beheerd is. Hoe ons teenoor ander optree het ‘n massiewe impak op hulle. Dit kan opbouend of afbrekend wees en dit het ook ‘n impak op myself.

Wanneer die Heilige Gees my herinner dat ek self graag met respek behandel wil word wanneer ek onredelik voel, is dit vir my makliker om die persoon voor my met respek te behandel soos ek ook behandel wil word. Wanneer ek die Heilige Gees toelaat om in en deur my te werk stel Hy my in staat om mense om my met respek te behandel – al verdien hulle dit nie.

Gedeeltelike erkenning: https://www.gotquestions.org


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page