Stof vrees uit
top of page

Stof vrees uit


Dit was Martin Luther King jnr. wat een keer gesê het: “the soft minded man finds security in the status quo. For him the greatest pain is the pain of a new idea.” Te veel mense dobber maar net voort saam met die stroom. Hulle wil graag hê die wêreld moet anders wees, maar hulle doen niks om dit anders te maak nie. Hulle waag niks wat hulle eie geriefsones uitdaag of verskuif nie. Daarom raak hulle geloof by die dag al hoe meer onvars. Alles wat nuut is in die kerk en die lewe is vir hulle ‘n bedreiging. Geen nuwe deurbrake of nuwe insigte in God se Woord gebeur ooit meer in hulle omgewing nie.

Verandering is noodsaaklik vir enige organisme om aan die lewe te bly. Organismes wat nie verander nie gaan dood. Dit geld ook vir ons geestelike lewe. Ons moet toelaat dat ons hart en kop aanhoudend vernuwe word deur die Here soos wat Paulus in Romeine 12:1-2 skryf. Om reg te verander vra dat ons daaglikse skattejagters in die skatkamers van die Allerhoogste en in sy Woord moet wees. Ook moet ons onsself met kreatiewe gelowiges omring. So nie, gaan ons eie vrese ons uiteindelik immobiliseer. Ons gaan net nog banger word soos wat die jae aanstap. Dit mag nie gebeur nie. Ons moet ons vrese hokslaan, anders is ons later bang vir enigiets vanaf ‘n koue pampoen tot ‘n ongegronde gerug. Ons moet vrees sien vir wat dit is, ‘n gesiglose monster wat ons lewensgeluk probeer steel. Nog meer, vrees is van plan om al ons geloof en waagmoed van ons af te rokkel. Geloof en vrees is nie goeie bure nie. Daarom moet ons ons oog vasgenael hou op die Here. Dan sal nuwe dinge ons nie gedurig ontstel of onkant betrap nie.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page