Soms is ‘n ompad dié pad
top of page

Soms is ‘n ompad dié pad


Teen dagbreek het almal gekyk of hulle die land kon herken, maar dit het nie bekend gelyk nie.

Soms beland daar ’n stok in ons speke. Ons is gefokus op iets, op pad na ’n seker bestemming en oortuig daarvan dat ons planne soos beplan gaan uitwerk. En dan … gebeur daar iets wat ons tot stilstand dwing, ons totaal van koers afneem en ons dan laat wonder waarom dinge dan nou nie verloop soos ons gedink het dit sal nie. Wanneer hierdie stop op ons lewenspad ’n groot ding is en dit ons ernstig beïnvloed, kan ons nogal opstandig raak, selfs vies vir God wees.

In Handelinge 27-28 lees ons hoe Paulus ook per skip op pad was Rome toe toe ’n storm hulle totaal van koers afdwing. Uiteindelik beland Paulus en sy reisgenote op ’n eiland Malta: ‘n eiland wat glad nie op hul roetekaart was nie. Dis hier waar Paulus toe die geleentheid kry om wonderwerke te doen, siekes gesond te maak en God se groot krag vir die inboorlinge te wys. En so maak God van ’n ompad en geleentheidsreis.

Wanneer dit voel of jou lewenspad maar net nie op koers wil bly nie, kan jy dalk vra: is jy nie juis op koers nie? Is die stok in jou speke nie dalk ’n manier om jou te bring waar God jou wil gebruik nie?

Soms is ’n ompad juis dié pad: die pad wat ons Vader vir ons beplan.

Gees van God, help my om ’n geleentheid in elke verleentheid te sien.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page