Play the man [resensie]
top of page

Play the man [resensie]


As jy al ander boeke van Mark Batterson gelees het soos The Circle Maker, The Grave Robber, A Trip Around the Sun en If, dan gaan jy nie die nuutste boek van dié gewilde skrywer by jou laat verbygaan nie. En as jy nog nie jouself met Mark Batterson geseën het nie, is dié ‘n gawe manier om dit te doen.

Mark skryf aan die hand van tientalle verhale uit die werklike lewe, van internasionale gebeure tot ekologiese sake tot die lewens van gewone mense op straat. In die proses lees sy boek vinnig, soos die verhale mekaar opvolg, en demonstreer hy wat hy sê nog voor hy dit sê. Dit maak sy boek effektief om spesifieke waarhede oor te dra.

En die waarhede wat hy wil oordra, het te doen ‘manhood virtues’. Hoe lyk die man wat word soos God bedoel het jy sal wees? Na watter eienskappe sal jy in so ‘n mens se lewe kyk?

Dis waaroor die eerste deel gaan: die sewe deugde van die man wat God se droom laat waar word vir manwees. So ‘n man is so tough soos spykers. Hy is ‘n gentleman maar ook ‘n kundige en kenner op sy terrein wat nuuskierig bly en verwonderd staan oor lewe en wat gebeur. Hy is ‘n man wat heel geword het al het die wêreld hom probeer breek, omdat hy wilskrag het. Dit is die draak met die drie koppe wat deur rou passie aangedryf word. Die opstopper wat die vermoë het om op die tande te byt, vas te byt en uit te hou totdat die oorwinning behaal word. Die man wat gebore is om in die storm te oorleef omdat hy ‘n visie najaag. En die visie kry jy deur te bid, jou huiswerk deeglik te doen, op gestruktureerde wyse na te dink, jou visie neer te skryf en te herskryf totdat jy in jou hart oortuig is dat dit is wat God vir jou droom. Die man wat geroep is om aan diens te wees met morele moed.

Die tweede deel gaan oor die oorgang van ‘n man in die wêreld na die man wat word wat God bedoel het dat jy sal wees. Wat is in die oorgang belangrik en nodig in jou lewe?

‘n Fassinerende boek wat gekenmerk word deur talle mense se wysheid en ervaring, met vele foto’s om die verhale toe te lig. En motivering sodat jy as man ophou bestaan en begin leef.

As jy sterk genoeg is as man, is dié boek vir jou.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page