Vermy daardie V.V.V. leefwyse
top of page

Vermy daardie V.V.V. leefwyse


Daar’s iets soos slegte vrees en gesonde vrees. Ons benodig ’n gesonde vrees vir dinge soos wilde diere, elektriese drade, vuurwapens, gifstowwe, ensovoorts. Hiersonder kan ons nie behoorlik oorleef nie. Maar daar is ook ongesonde vrese wat ons liggaam gedurig in daardie "V.V.V.” toestand (“vries, vlug, of veg”) inforseer. Verseker is daar tye dat ons moet “V.V.V.,” maar as ons voortdurend in hierdie ongesonde sone uitkamp, dan vergiftig ons onsself met negatiewe emosies en gedrag. Ons durf nooit slawe van enige vrees word wat ons lamlê nie. God daag elke keer te midde van sulke vrees en onsekerheid op met die woorde: “Moenie bang wees nie, dit is Ek!” Hy verseker ons keer op keer van sy teenwoordigheid wanneer vrees en ander negatiewe gebeurtenisse dreig om ons lewe te oorspoel. Sy nabyheid bring ons onstuimige harte tot bedaring. Hy kalmeer ons gemoed. Maar God gebruik graag ook vriende en kundiges om ons te help met daardie irrasionele vrese in ons lewe. Maak gebruik van sulke mense se raad en hulp. Moenie wegkruip in jou eie “V.V.V.” bunker nie Dit is nie veilig daar nie. Jesus se nabyheid is jou veiligheid en jou troos.


bottom of page