Leier Nuusbrief | September 2017 | Deel 2
top of page

Leier Nuusbrief | September 2017 | Deel 2


Kortpaaie wat leiers moet vermy

Ons leef in ‘n kultuur wat alles onmiddellik wil hê; ons wil nie wag nie. Daarom is kortpaaie algemeen. Sekere kortpaaie help en is voordelig veral as dit sonder verlies aan gehalte kan gebeur. Daar is egter sekere kortpaaie wat leiers nooit moet gebruik nie. Doeltreffende leierskap is dikwels tydrowend. Hier is drie gebiede waar leiers nooit kortpaaie moet neem nie.

1. Om geloofwaardigheid te ontwikkel

Leiers kan hulle beeld beplan terwyl hulle lukraak hulle eie ontwikkeling beplan. Geloofwaardigheid is die resultaat van volgehoue integriteit oor ’n lang tyd. Pogings om kortpaaie te neem na geloofwaardigheid lei onvermydelik dat mense optree op maniere wat nie inpas by die werklikheid nie.

2. Verduidelik die visie

Leiers weet dat organisasies en bedienings ‘n duidelike visie wat hulle definieer en betekenis aan hulle optrede leiding gee, verlang. Om die visie te verduidelik en te kommunikeer vereis tyd en energie. Leiers het tyd nodig om te luister, die kultuur te leer, geleenthede te ontgin en ‘’n rigting aan te dui. ’n Gefotokopieerde visie, iets wat die leier elders gelees het, raak nie mense nie, want daar is geen konteks nie. Leiers moet nooit kortpaaie neem om die visie te ontwikkel, te verklaar en te verdedig nie.

3. Ontwikkel ander

Leierskapontwikkeling is ‘n lang, moeilike proses. Om ander te ontwikkel is een van die leier se belangrikste take, maar die vrug van sy arbeid word eers jare later gesien. Tog moet jy nooit eers kortpaaie oorweeg nie.

Diagnostiese besluitneming

Ons is dikwels onseker as ons tussen twee wettige lewensopsies moet besluit. Dit is deel van wat dit beteken om ‘n beperkte skepsel te wees in ‘n begrensde wêreld wat deur ‘n onbeperkte God beheer word. Besluitneming vir meeste mense gaan gepaard met ’n mate van angs in ons harte en denke. Natuurlik moet ons altyd na God in gebed gaan en Hom vra om die regte deur vir ons oop te maak. Sinclair Ferguson (Discovering God’s Will) gee die volgende diagnostiese vrae wat jy moet vra wanneer jy met verskillende lewensbesluite gekonfronteer word:

  • Is dit wettig? Geen optrede wat teenstrydig met God se woord is, kan ooit wettig wees nie.

Ons kan nie aanspraak maak op Christelike vryheid of voorsienigheid nie – dit kan nie dit wat eties verkeerd is regmaak nie.(1 Korintiërs 6:9 -11)

  • Is dit voordelig? Sovêr soos ek kan oordeel, sal dit voordele bring wat my verhouding met Jesus Christus sal versterk? Sal dit my nader aan Hom trek? Perone mag verskillende antwoorde op hierdie vraag gee. Optrede wat ‘n neutrale invloed op een persoon het, mag nadelig vir ‘n ander persoon wees. Dit is die Here wat my beoordeel. Daarom moet julle nie te vroeg, voordat die Here kom ‘n oordeel uitspreek nie. Hy sal ook die dinge wat in duisternis verborge is aan die lig bring en die bedoelings van die hart blootlê (1 Korintiërs 4:4 – 5).

  • Is dit verslawend? Die Christen moet altyd deur die genade van die Gees meester van homself wees. Ons kan keuses maak wat ons geestelike energie sal uitput of onsself aan dinge toewy wat ons uiteindelik gaan domineer en die dryfkrag in ons lewens word. Daar is mense wat sê; “Alles is my geoorloof.” Ja, maar nie alles is heilsaam nie. ‘Alles is my geoorloof,” sê hulle. Ja, maar ek gaan my nie deur enigiets laat verslaaf nie (1 Korintiërs 6:1).

  • Is dit in ooreenstemming met die heerskap van Christus? Soms sê mense die onderliggende beginsel is: “Kan ek Christus daarheen saamneem?” Paulus sê ons het geen keuse nie. ’n Christen kan nie besluit om Christus agter te laat nie.” Die regte vraag is: “Kan ek Christus saamneem en sonder skaamte na sy gesig kyk?” julle het die Heilige Gees wat in julle woon, van God ontvang en julle behoort nie aan julleself nie. Julle is gekoop en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik (1 Korintiërs 6:19 – 20).

  • Help dit ander? Ek kan nie tevrede wees as my optrede net vir my persoonlik help nie. Het dit ’n voordelige effek vir ander? Dien en help ek hulle? Christene moet hulle vryheid balanseer teenoor mense se sterk- een swakpunte.

  • Is dit in ooreenstemming met die Bybel se voorbeeld? Wat sou Christus gedoen het? Is daar enige insidente of onderrig in die Skrif wat ek op my situasie kan toepas. Wees my navolgers, broers, en let op die mense wat lewe volgens die voorbeeld wat ons vir hulle stel (Filippense 3:17).

  • Verheerlik dit vir God? Of julle eet of drink of wat julle ook aal doen, doen alles tot eer van God (1 Korintiërs 10:31). Hierdie uitdaging geld vir ons ook. Dit is die ononderhandelbare norm van die Christen se lewe.

As ek graag iets wil doen, is dit nie maklik om hierdie vrae eerlik te antwoord nie. Dit mag help om dit met ‘n geestelike mentor te bespreek.

Sosiale media foute wat gemeentes moet vermy

Die sosiale media is ’n bron van frustrasie vir gemeentes. Meeste gemeentes het nie die fondse om iemand in diens te neem om toesig te hou oor hulle sosiale media platforms nie. Tog verstaan meeste gemeentes dat sosiale media noodsaaklik is en het hulle ook sosiale media. In die leerproses word baie foute gemaak. Drie foute staan uit.

Fout #1: Teenstrydighede

Boodskappe wat nie teenstrydig is nie, is noodsaaklik om verhoudings te bou. Konsekwente kommunikasie is noodsaaklik. Dit geld natuurlik vir persoonlike en aanlyn kommunikasie. Ons moet teen teenstrydighede veg – dit beteken jy moet elke dag teenwoordig wees op jou sosiale media.

Fout #2: Gaan te wyd in plaas van diep

Meeste gemeentes het beperkte hulpbronne. Moenie jou hulpbronne te dun versprei nie. Fokus op een sosiale media platform op ‘n keer. Dit help jou om op een platform te fokus en te bemeester. Jy sal weet wanneer jy gereed is om ‘’n tweede platform by te voeg. Facebook met sy 2 miljard gebruikers is steeds die gewildste platform. Gaan diep met een platform op ‘n slag.

Fout #3: Maak die gemeente die held

As jy net oor die gemeente gaan praat, gaan jy verloor. Mense is op sosiale media om sosiaal te wees. Die media is belangrik vir elke gebruiker, maar vir verskillende redes. Vra vir jouself: ‘Wat gaan di mense wat ek probeer bereik waardevol vind en hoe kan jy help?” Almal, op een of ander manier, stel belang in hierdie drie onderwerpe. Die Bybel praat dikwels oor hierdie drie onderwerpe. Watter wysheid voorsien die Bybel? Hoe gee die evangelie hoop vir mense wat met een van hierdie sake probleme het? Soek voortdurend vir onderwerpe waaraan jou gehoor waarde heg en hoe dit die gemeente kan help.

As jy een van hierdie foute gemaak het, verander en veg teen die druk om op elke sosiale media platform aktief te wees.

Mense moet van my hou

Navorsing wys dat leiers wat aanvaar wil word eerder as om beslissend op te tree die organisasies wat hulle lei, seermaak. Die verlange om aanvaar te word, kan in ‘n leier se hart inkruip en sy doeltreffendheid ondermyn. Hoe kan ons hierdie begeerte om aanvaar te word herken in ons leierskap?

1. Jou oortuigings verander afhangend van wie in die kamer is

As dit gebeur is jou oortuigings nie sterk genoeg nie

2. Een negatiewe gesprek krap jou hele dag om

Leiers moet besluite neem wat soms mense gaan teleurstel of frustreer. Hulle gaan onvermydelik gekritiseer word. Niemand hou van kritiek nie. ‘n leier wat toelaat dat een negatiewe gesprek sy hele dag ontwrig is bekommerd dat hy aanvaar word.

3. Jy hoop konflik verdwyn sommer

Konflik verdwyn nie sommer nie. As jy nie konflik kan sien nie, beteken dit nie dat dit opgelos is nie. Leiers wat konflik ignoreer doen dit dikwels, want hulle is bang vir die moeilike gesprekke wat dikwels nodig is om die konflik op te los

4 Jy versprei die hulpbronne maar dunnerig

Hulpbronne wat te dun versprei word, lei onvermydelik tot ondoeltreffendheid. Dit gebeur as jy jou hulpbronne oor te veel projekte versprei – te veel prioriteite. Hoekom? Jy is te bang om gevoelens seer te maak em jy befonds projekte in ‘n poging om mense gelukkig te maak en te hou.

Goeie nuus vir Christene. As ons begeerte om aanvaar te word ons beheer, moet ons onthou dat ons reeds deur Christus aanvaar is as gevolg van sy groot liefde vir ons en sy offer vir ons.


bottom of page