Die Here se soort sukses
top of page

Die Here se soort sukses


God verstaan sukses anders as ons. Hy meet dit aan my liefde vir Hom en vir ander. Hoe ek ander mense sien en hulle behandel is ’n belangrike merker vir my eie sukses in God se oë. Prakties beteken dit die volgende:

  1. My sukses is nooit gelyk aan jou mislukking nie. En jou mislukking is nooit my oorwinning nie. Ek is regtig bly wanneer jy sukses beleef omdat ek altyd die beste van jou glo en hoop soos wat 1 Korintiërs 13 leer. Nooit wen ek ten koste van jou nie, maar altyd saam met jou. Nooit dwing ek myself tot bo-op op jou skouers nie. Maar ek maak graag plek vir jou op my eie skouers!

  2. Ek vergelyk nooit my beste met jou swakste nie. Ek kan dalk een of twee dinge doen wat jy nog nie baasgeraak het nie. Maar ek vergelyk dit nooit met jou tekorte op hierdie terrein nie. Ek weet God hou nie van sulke vergelykings nie. Wie ek is en wat ek reg doen is slegs aan sy genade te danke. Dit geld ook van jou. Daarom staak ek alle onbillike vergelykings met jou.

  3. Ek gee erkenning vir die mooi dinge wat ek in jou lewe raaksien. Ek is nie ’n fynkenner van alles wat verkeerd is met jou nie, maar ’n connoisseur van God se genadewerke. Daarom gee ek graag erkenning hiervoor. Nee, ek smeer nie heuning om jou mond nie, maar bou jou op deur te praat wanneer dat die vrugte raaksien wat God in jou lewe laat vorm aanneem. Ook praat ek tussen ander mense moi oor jou, soos wat die Nuwe Testament my leer. So wen jy en ek saam tot eer van God. So gebeur sukses op ons speelveld.


bottom of page