Vriendskap is van die beste beleggings wat jy ooit sal maak
top of page

Vriendskap is van die beste beleggings wat jy ooit sal maak


Leiers sukkel om te onderskei tussen ware vriende en vriende wat jou net ken a.g.v. die mag en voordele wat hulle uit die verbintenis kan kry.

Leiers kan wel besluit om aan verhoudinge te begin bou, gegewe die waarskynlikheid dat mense jou net wil misbruik of gebruik.

As leier het jy behoefte aan verskillende tipes verhoudings;

  • Groot prentjie verhoudings... wanneer jy in hierdie persone se teenwoordigheid is dan begin jy groter dink oor wie God is, jou eie lewe, jou doel op aarde en wat moontlik is!

  • Sielsverhoudings... wanneer jy in hierdie persone se teenwoordigheid is dan word jy uitgedaag om geestelik te groei; jou geestelike gawes te ontwikkel en uit te leef, jou swakhede te omhels en in Sy genade te wees, jou Godgewe passies te beleef! (Spr. 27:17)

  • Leerbaarheid verhoudings... wanneer jy in hierdie persone se teenwoordigheid is dan stel jy jouself oop om by hulle te leer oor die lewe en hoe hulle dit leef. (1 Kor. 11:1, Fil. 4:9)

  • Harts verhoudings... wanneer jy in hierdie persone se teenwoordigheid is dan plaas jy jou hart (motiewe, emosies ens.) op die tafel en laat hulle toe om in jou hart in te spreek. (1 Sam 20:17)

  • Geen nonsens verhoudings... wanneer jy in hierdie persone se teenwoordigheid is dan maak jy jouself gereed om die waarheid te hoor, selfs al maak dit seer. In die waarheid word jy gemotiveer om die realiteit in die oe te kyk. (Spr. 27:6)

Bogenoemde verhoudings kan ook ervaar word as verskillende komponente van een verhouding. Die belangrike is om name by die verhoudings te plaas en ‘n besluit te neem om aan die verhoudings te begin bou.

Twee is beter as een, want twee mense kan meer regkry as net een. As die een val, kan die ander een hom ophelp. Dit is sleg as die een val en daar is niemand om hom te help nie. ’n Mens kan homself nie warm maak nie, maar as twee saamlê, hou hulle mekaar warm. Een word maklik oorwin, maar twee kan ’n aanval keer. Om nie eens van drie te praat nie. ’n Driedubbele tou breek tog nie maklik nie.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page