Om sonder antwoorde te leef
top of page

Om sonder antwoorde te leef


“Ek vra God om my te help. Ek pleit by God dat Hy in my krisis moet ingryp. Luister tog na my! Ek word nie moeg om te bid nie ... dit voel vir my of God Hom nie meer aan my steur nie. Ek is moedeloos.” Psalm 77:1,3a,4b

Was jy ook al gefrustreerd omdat jy vrae aan God vra en dan nie antwoorde kry nie? Of het jy ook al gewonder waarom Hy stilbly as jy regtig stoei met ding? Dan, liewe geloofsgenoot, kan jy aansluit by die duisende gelowiges oor alle eeue wat soms nié verstaan nie en ander kere sukkel om alles te glo.

Die waarheid is dat geloof nie beteken dat ons alles begryp en antwoorde op al ons vrae het nie. Om ‘n geloofskind te wees beteken ook nie dat ons altyd sy teenwoordigheid sal beleef en altyd ewe geloofsterk is nie. Om wérklik te glo is om heel dikwels nié te verstaan nie, nié antwoorde te kry nie, te voel dat jou gebede nié beantwoord word nie, selfs nie vrede te kry nie ... en dan steeds uit te roep: “My God. My Vader ... ek wéét U is daar. Ek gló in U as my Verlosser. En ek bly soek na U.”

Geloof gaan oor die feit dat ons hoop op die dinge wat ons nie kan sien nie, omdat ons in ons harte en in ons lewens beleef dat daar ‘n God is wat ons nie hoef te sien nie.

Here, ek wéét net: U ís daar. Hy ís by my.

Uit Net soos jy is


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page