Systap hierdie hartsiekte
top of page

Systap hierdie hartsiekte


Harde harte klop in vele godsdienstiges se binneste. Vat maar die godsdienstiges in Markus 3 wat Jesus wou doodmaak omdat Hy ’n sieke op die Sabbat genees het. Hulle klipharde harte het Jesus woedend en diep ontsteld gelaat (Markus 2:26-3:6). Vat ook die Fariseërs daar in Markus 10 wat hulle bes gedoen het om wettige redes te vind vir egskeiding om God se wil te omseil. Jesus sê padlangs vir hulle dat hulle ly aan sklerokardia, aan geestelike hart-verharding. Mense met sulke harde harte het God nie regtig lief nie. Daarom voel hulle ook niks vir diegene wat nie hulle voorskrifte nakom nie. Nooit maak sulke godsdienstiges hulle hande vuil met die seer en swaar van ander nie. Hulle godsdienstige stryde oor reg en verkeerd isoleer hulle van enige vorm van omgee en liefde. Moenie dat geestelike verkalking jou hart ook tref nie. Dit gaan jou hard en liefdeloos maak met jou godsdiens en al. Gee asseblief jou hart elke dag vir Jesus. Net Hy kan jou hart van klip vervang met ’n regtige hart wat warm en propvol liefde klop vir God en ander. Laat Jesus jou hart verander vir ander!


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page