Wat vra God van jou?
top of page

Wat vra God van jou?


“ ... wat is dit wat die Here van jou vra? Hy vra dat jy Hom alleen moet aanbid. Hy vra jou om sy wil te gehoorsaam: om Hom altyd lief te hê; om Hom met jou hele wese en met oorgawe te dien ...” Deuteronomium 10:12

Wat dink jy vra God van jou? Om vir Hom te getuig, hard vir Hom, ander mense te dien of ‘n groot deel van jou inkomste vir Hom te gee? Of al hierdie dinge saam?

Wanneer ons na die wil van God vra, loop daar ‘n goue draad reg deur sy Woord. Liefde! Oor en oor vra Hy vra dat ons liefde die belangrikste ding in ons lewens sal wees. Want wanneer ons Hom met ons hele hart lief het, sal ons onsself en ander ook soveel makliker met liefde kan toevou. Dorotheus van Gaza het gesê: Hoe nader ons aan God kom omdat ons Hom liefhet, hoe meer word ons verenig deur ons liefde vir ons naaste; en hoe groter ons eenheid met ons naaste, hoe groter is ons eenheid met God.

Maak jy genoeg tyd God lief te hê? En sê dit dan vir Hom. Jy sal vind dat toe sommer baie makliker word in ’n gesonde verhouding met jouself en verrykende verhoudings met ander te hê.

Kniel sommer nou en verklaar jou liefde aan jou Vader. Hy wag daar op. En die wêreld daar buite ook …

Ek het U met my hele hart lief, grote God. Vloei u liefde vandag onverpoos deur my …


bottom of page