Vrygewigheid is nie net vir rykes bedoel nie, maar ook vir my
top of page

Vrygewigheid is nie net vir rykes bedoel nie, maar ook vir my


Iewers het die idee in my eie kop posgevat ek moet ekstra geld hê voordat ek iets kan weggee, of ‘n bydrae kan maak vir die Here se werk. Dalk het dit gebeur toe die diaken in my kinderdae vir die kerk kom kollekteer het by ons huis. Een keer het ek vir hom gevra of ek ook ‘n paar sent mag bydra. Toe het my pa en die diaken gelag en verder gesels. Tog het ons almal iets om met mekaar te deel. Selfs diegene met twee stelle klere op hulle naam, het een stel om te deel, sê Johannes die Doper in Lukas 3. Vrygewigheid het niks te make met die oorvloed of gebrek aan dinge op jou eie naam nie. Vrygewigheid is eerste ‘n hart-ding. As die Here jou hart aangeraak het om mededeelsaam te leef, dan klou jy nie aan jou besittings vas asof jou lewe daarvan afhang nie. Dan is jou hart vry en jou hande oop. Dan gee jy. Jy gee jouself. Jy gee jou tyd. Jy gee jou aandag. Jy gee jou talente. Jy gee jou sente en rande. Jy deel jou hulpmiddels. Jy gee jou hart.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page