Daardie plakker hoort op jouself, en op ander mense
top of page

Daardie plakker hoort op jouself, en op ander mense


Gereeld sien jy op verpakkings een of ander plakker wat sê: “Fragile. Handle with care.” Of: “Breekbaar. Hanteer versigtig.” Eintlik hoort sulke plakkers ook op mense. Nee wag, dit hoort heel eerste op jou en my. Ons almal is breekbaar, of ons dit nou wil erken of nie. Ons is broos. Iewers kry die stampe en die stote van die lewe ons almal onder. Dan is ons weerloos. In sulke tye moet ons daar wees vir mekaar. Soos wat Paulus in Romeine 12 skryf moet ons treur saam met diegene wat treur en huil saam met dié wat huil. Ons moet mekaar se sakdoeke wees. Wanneer mense rondom ons seer het, is ons die Here se plaaslike noodhulp span wat moet help om hulle wonde te verbind. Dan moet ander se laste en seerkry ’n plekkie kry op ons eie skouers. Die Bybel noem dit naasteliefde.

Liefde omring onsself en ander met veiligheid en warmte. Die Here se liefde is ’n kasteel waar ons beskerming en veiligheid vind. Dit is ’n warm hemelse vuur waar ons hitte kry teen die snerpende koue daarbuite. Wanneer ons mekaar in die Heer se Naam versigtig en met respek behandel, wen sy liefde. Dan vertel ons daarwees en omgee dat ons die plakker op ander mense raakgelees het: “Breekbaar. Hanteer versigtig.” En dat ons dit ook doen.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page