Suiwering van geloof – kosbaarder as goud
top of page

Suiwering van geloof – kosbaarder as goud


Faith, worthless until tested!

Hierdie kort en kragtige aanhaling pryk op my man se lessenaar. As entrepreneur kom Brink dikwels voor hindernisse, uitdagings, selfs krisisse te staan en kan hy male sonder tal net op die Here steun vir wysheid en guns terwyl hyself doen wat hy kan om die probleem op te los.

Kay Warren, wat saam met haar man Rick die groot hartseer van ‘n kind se selfmoord moes verwerk, sê: An untested faith is an unreliable faith. Hulle moes deur die pyn en sekerlik vertwyfeling werk om uiteindelik by die aanvaarding en genesing uit te kom wat die Here weer gebruik om ander met ‘n soortgelyke krisis te kan ondersteun.

Job en Petrus vergelyk albei die suiwering van ons geloof met die suiwering van goud. In antieke tye moes gouderts tot baie hoë temperature verhit word om dit te suiwer. Ek kan my indink hoe opgewonde so ‘n smelter geraak het as hy uiteindelik die pragtige gloeiende goud kon sien – “pure and luminous” in Job se woorde. As ek onthou dat die hemelse Smelter presies weet wat Hy doen wanneer Hy besig is om my geloof te suiwer deur dinge wat Hy óf toelaat óf oor my pad bring, kan ek die paniek en bekommernis te bowe kom en onthou dat Jesus self die spil is waarom my lewe draai. Dit is Hy wat stabiliteit, vrede, krag en liefde gee. Dit is Hy wat my suiwer en versterk om méér bruikbaar te wees in sy Koninkryk.

Tye van teëspoed is ‘n gegewe. Elke mens gaan een of ander tyd ‘n krisis belewe. Dis dan wanneer ek moet onthou: ‘n Sterk karakter (‘n sterk geloof!) ontwikkel soos wat ek worstel deur moeilike omstandighede.

Untested faith was rarely strong. Deep, abiding faith was tempered through fire.” – Robin Lee Hatcher, Heart of Gold.


bottom of page