Is jy op die regte pad?
top of page

Is jy op die regte pad?


Die Here was naby aan Josef en dit het goed met hom gegaan. Genesis 39:2a

Ons almal kies. Dwarsdeur ons lewens staan ons voor keuses, besluit ons watter paaie ons wil loop en hoe ons by daardie bestemmings wil uitkom. En soos met enige rit, neem ons rigting ons na ons beplande bestemming toe, ongeag die versperrings, ompaaie en hindernisse wat op daardie pad mag lê.

Josef het ook gekies. Hy het gekies om as slaaf, die regte en eerbare pad te loop, hard te werk en sy beste te lewer. Gou bereik hy die “bestemming” waar sy baas, Potifar, agterkom dat Josef suksesvol is in alles wat hy doen en dadelik word Josef aangestel om sy hele huishouding te bestuur. Ons lees : “Die Here het alles binne en buite sy huis ter wille van Josef geseën.” (Gen 39:5b)

Het jy al die eindbestemmings van jou lewe gekies in terme van jou gesondheid, die suksesse wat jy wil behaal, jou verhoudingswêreld, finansies en jou geestelike lewe? Of dink jy jy is so hier en daar op pad na die verkeerde eindbestemming? Is jy op pad na iets toe wat nie gaan werk nie, nie ‘n sukses gaan wees nie, jou nie gelukkig gaan maak nie, jou gesondheid negatief gaan beïnvloed?

Vra jouself of jy ten opsigte van al die aspekte van jou lewer op die régte pad is. Indien nie, draai om, beplan en loop die rigting wat God vir jou beplan.

O Here, wys my waar my koers verkeerd is. Stop my. En leer my dan om die regte keuses te maak.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page