Vat die regte pad, al vat jy dit alleen
top of page

Vat die regte pad, al vat jy dit alleen


Soms is die regte pad die alleen pad. Soms is dit die eensame pad. Nou en dan moet jy stroomop beur. En teen die stroom in swem. Alleen oppad is dikwels die enigste pad. Dit is presies ook Christus se pad daar van Getsemane af. Daar kies Jesus eers 'n beker voor 'n kroon. Daar kies Hy eers 'n kruis voor eer en verhoging. Dis die enigste regte pad vir Hom. Daar is geen ander keuse nie. Jesus doen dit vir ons. Hy doen dit alleen sodat ons reg kan loop, sodat ons heilig kan leef. Getsemane se alleen-pad bou die hoofpad vir God se redding. Getsemane se eindbestemming is Golgota, en Golgota se eindbestemming is die leë graf, en die leë graf se eindbestemming is Christus aan die regterhand van God. Daarom dat Jesus in Getsemane daardie een pad gekies het van alleenheid te midde van al die oorvol paaie van veiligheid en eie geregtigheid rondom Hom.

Jesus se alleen pad het gemaak dat jy en ek 'n nuwe hoofpad het om op te leef. Getsemane tot Golgota se opskrif is: "My lewe vir jou!" Jesus se pad vervang my pad op die hoofpad na die dood. Daarom kan ek elke dag antwoord: "My lewe vir U!" Dan gebeur Paasfees reg.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page