When the past won’t let you go [resensie]
top of page

When the past won’t let you go [resensie]


Paulus skryf in Filippense 3:12-14 dat hy nog nie die doel bereik het nie, maar hy span hom in om dit alles syne te maak omdat Christus Jesus hom reeds Syne gemaak het. Hy het nog nie alles nie maar een ding doen hy: hy maak hom los van wat agter is en strek hom uit na wat voor is. Hy span hom in om by die wenstreep te kom, sodat hy die hemelse prys kan behaal waartoe God hom geroep het in Christus Jesus. Dit is waaroor die gerespekteerde berader wat mense gehelp het na die 9/11-ramp, orkaan Katrina en massamoorde dit in hierdie boek het. Hy skryf aan mense wat rou as gevolg van ʼn reeks teleurstellings wat hulle getref het en wat dit onmoontlik vind om vorentoe te gaan. Daar is te veel pynlike herinneringe terwyl daar ook verhoudings is wat nie werk nie. Norman Wright sê: jy kan weer hoop as jy ʼn gelowige is. Jy kan weer ʼn toekoms hê.

Wat nodig is, is dat jy deur jou herinneringe gaan en dit uitsorteer, dat jy die seer plekke identifiseer, dat jy trauma oorkom wat nie wil weggaan nie, dat jy rou oor wat jy verloor het en dat jy die vryheid ervaar wat Christus aan die kruis vir jou gebring het.

Ons is nie ons verlede nie maar ons verlede oefen ‘n invloed op ons uit omdat dit ons denke beïnvloed. Daarom is dit soms nodig dat ons ons denke oor die verlede ondersoek en sekere verstellings daaraan maak. Wat veral belangrik is, is dat sekere emosies aan sekere herinneringe verbind is. Ek is kwaad oor iets wat gebeur het wat my lewe indringend beïnvloed. En alhoewel ek nie voortdurend daaraan dink nie, is die invloed daarvan so groot dat my hele lewe later ‘n wyse word waarop ek my woede uitleef. Wat dan nodig is, dat die herinnering besoek word, dat ek genesing daarvoor vind, dat ek trauma wat verby is agter my plaas, dat ek klaar huil oor wat ek verloor het sodat ek kan vrykom.

Die skrywer beklemtoon dat dit elke mens se keuse is: om onafgehandelde besigheid van die verlede in die oë te kyk en werk daarvan te maak, al is dit soms pynlik, verbouererend, om skande te herbeleef of watter ander negatiewe emosie dit mag oproep.

Wat belangrik is, meen ek, is dat beklemtoon moet word dat so ‘n optrede soms innerlike demone losmaak wat jou lewe kan oorweldig. Dan benodig jy iemand wat jou kan begelei om jou daarteen te beskerm. Gebruik gerus ‘n professionele persoon met ‘n Christelike wêreldbeeld om jou op die reis te vergesel.

Norman dui hier die roete aan. Die ander keuse is natuurlik om die rug op die verlede te draai. Die gevolg is dat ‘n mens altyd ‘n slagoffer daarvan bly en dat jou lewe deur die negatiewe emosies gekenmerk word wat dit vergesel.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page