As jaloesie jou siek maak
top of page

As jaloesie jou siek maak


Josef het elke dag by sy pa oor sy broers loop en skinder. Jakob was baie liewer vir Josef as vir al sy ander seuns. Genesis 37:2b,3a

Jakob het ‘n groot spannetjie seuns gehad – elkeen met sy eie persoonlikheid. Dit moes nogal op stadiums ‘n aardigheid wees om te sien hoe die twaalf kinders onder mekaar invlieg. En tog was daar een kind wat vir hom ekstra spesiaal was: Josef. Die eerste seun wat sy lieflingsvrou, Ragel, vir hom gegee het was maar altyd sy hart se punt. Natuurlik het dit die ander kinders jaloers en nydig teenoor hom gemaak.

So bereik hul afguns teenoor hom ‘n hoogtepunt wanneer hulle hom dan op ‘n dag – toe hy vir hulle kos veld toe geneem het – as slaaf verkoop en hul pa onder die indruk bring dat wilde diere hom verslind het.

Die groen monster van jaloesie kan aaklig wees. Die manier hoe dit ons harte teenoor ander beïnvloed, het ‘n effek op hoe ons hulle hanteer, wat ons van hulle sê en wat ons teenoor hulle doen. Meer as dit vreet jaloesie stukkies van ons vrede, goedheid en liefde stadig maar seker weg totdat ons dalk doen wat ons nie moes nie.

As die groen monster jou vrede wil steel, jaag hom weg. Gee jou gevoel van afguns onmiddellik vir die Gees en bid dat Hy in die plek daarvan aanvaarding en guns teenoor daardie persoon gee.

Vader, neem elke greintjie jaloesie summier uit my hart. En gee my vrede.

Net soos jy is – uitgegee deur CUM


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page