Vergelding wérk nie!
top of page

Vergelding wérk nie!


Hulle het de dorp binnegery en op ‘n gegewe oomblik het hulle die swaarde uitgeruk en al die mans in die dorp voor die voet uitgewis. Selfs Hamor en Sigem is doodgemaak. By Sigem se huis het hulle vinnig hul suster, Dina, gaan haal en by die dorp uitgejaag. Genesis 34:25b,26

“Die Bybel is die ergste vorm van ‘n sepie wat jy kan kry”, hoor ons mense soms sê. Daarin is die volle kwota van liefdes intriges, verraad, owerspel, buite egtelike kinders, moord en vergelding. Soos die verhaal van Dina: Ons lees hoe Sigem op ‘n dag die mooi Dina verkrag en haar lewe verwoes het. So kwaad was Dina se broers dat hulle ‘n slim plan maak om al die mans in Sigem se familie eers te besny en toe hulle van pyn krul, met swaarde om die lewe te bring.

Ek wonder of hulle toe beter gevoel het? Of Dina toe vrede gevind het en of hul eie wraaksug en vergelding nie maar net nog ‘n groter gat in hul harte gekalwe het nie?

Sepie-verhale van haat, woede en geweld het nooit goeie eindes nie. Ons lewens ook nie. Moenie toelaat dat Satan jou ooit oorreed om die reg en geregtigheid in eie hande te neem nie. Die resultaat daarvan gaan niemand goed doen nie. Veral nie vir jou nie.

Vader, help my om in alle gevalle te kies om dit wat verkeerd, stukkend en afbrekend is, vry te laat sodat daar in die plek daarvan heling en vrede kan kom.

Net soos jy is – uitgegee deur CUM


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page