Hoe vry is jy?
top of page

Hoe vry is jy?


Esua het skielik begin hardloop. Regop op Jakob af.Toe hy by hom kom, het hy hom omhels. Genesis 33:4a

Vergifnis is nie ‘n natuurlike reaksie van ons harte nie. Dis veel makliker om kwaad te bly en met wrokke rond te loop as om dit vry te laat. Ja, niemand van ons kan sommer net spontaan alles vergewe wat ander aan ons doen nie. Veral nie as daardie persoon ons intens benadeel of seergemaak het of iets belangriks van ons af weggeneem het nie.

Soos die Jakbo en Esua verhaal. Jakob het letterlik sy Vader, Isak, se seën wat hy vir sy oudste kind moes gee, van Esua gesteel. Jy onthou moes hoe Jakob ‘n velletjie oor sy arm getrek het en vir sy pa gesê het dat hy Esua is en hoe hy hom toe met sy eersgeboorte reg geseën het. Nou lees ons in Genesis 33 hoe hierdie twee broers na jare van verwydering tussen hulle weer bymekaar kom. En anders as wat ons sou dink, lees ons hoe Esua sy broer met vreugde en liefde omhels. Dit moes nogal baie van hom gevra het!

In elkeen van ons se lewens is daar een of meer mense vir wie ons rede het om kwaad te wees. Ons kan egter altyd kies of ons kwaad en wrokkig wil blý en of ons die eerder vrede in ons harte wil hê. Die waarheid is: vrede voel soveel beter as onvergifnis. Want vergifnis maak jou vry.

Here, ek kies vandag die vreugde van vryheid. Van onvoorwaardelike vergifnis.

Net soos jy is – uitgegee deur CUM


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page