Iemand wil ook jóú mat help dra!
top of page

Iemand wil ook jóú mat help dra!


Toe praat Jesus met die lam man: “Luister wat Sê: Vat jou matras en gaan huis toe.” Markus 2:12,13a

Miskien het jy ook na die vorige dagstuk gewonder of jy werklik ’n goeie mat-dra-vriendin is. As jy bereid is om daardie ekstra myl vir jou vriende te loop, is hulle bevoorreg om jou as vriendin te hê.

Onthou egter ook dat ook jý ’n mat het! Dat ook jy iewers ’n stukkie stukkendwees het wat jy nie self kan dra nie; ‘n broosheid het wat jou iewers weerloos maak of ‘n swakheid het waarmee ander jou kan help. Heel dikwels steek ons ons matte diep weg. Ons wil immers nie sommer ons kwesbaarheid vir die wêreld wys nie. Maar skuif vandag bietjie jou trots en onafhanklikheid eenkant en wees eerlik: Wat is jou mat? En ... laat jy toe dat ander jou mat vir jou dra? Vra jy ander om jou voor Jesus se voete neer te sit? Miskien het dit tyd geword dat jy moet erken dat jy nie self jou mat kan dra nie, maar dat jy God en jou medemens nodig het om jou met jou feilbaarheid en swakheid te help.

Bid dat die Vader aan jou sal wys wie se mat jy kan dra, maar ook aan jou die genade en grootsheid sal gee dat jy sal toelaat dat ander jou stukkend-getrapte matte vir jou help dra.

Dankie dat U ook aan my mense gee wat my ten spyte van mat-wees-menswees steeds liefhet! Maak my bereid om soms deur ander gedra te word.

Net soos jy is – uitgegee deur CUM


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page