Nuusflits: Jesus se gebed is nie so selfbehep soos ons s’n nie.
top of page

Nuusflits: Jesus se gebed is nie so selfbehep soos ons s’n nie.


Die intieme verhouding tussen God en Jesus word aangrypend verwoord in sy gebed net voor sy kruisiging in Johannes 17. (Hierdie gebed word soms die hoëpriesterlike gebed van Jesus genoem.) Dit word gekenmerk deur eenheid, intimiteit, heerlikheid, lojaliteit, kennis, harmonie en wedersydse respek (vers 5, 11, 24-25). Hier’s ’n paar gebedslesse wat ons by Jesus moet leer:

  • FEIT: Jesus bid in Johannes 17 verhouding-gebaseerd, nie behoefte-gebaseerd, soos in die meeste van ons eie gebede nie. Te midde van Jesus se onselfsugtige gebed vir sy aardse familie in die skaduwee van die kruis praat Hy intiem met sy Vader. Dis hoe Hy van ewig af vir God ken. Daarom weet Hy sy Vader is ook nou by Hom as die doodlyn wink. Jesus praat veral oor die heerlikheid wat Hy nog altyd by die Vader gehad het (vers 1, 4-5). Nou wil Hy hierdie heerlikheid ook aan die kruis ten-toon stel sodat God se genade daar ’n crescendo kan bereik. Kom ons leer hier by Jesus dat lyding ons nie van God kan skei nie en dat dit ook geleenthede is om sy heerlikheid steeds deur ons lewe te laat skyn.

  • FEIT: Jesus sluit sy aardse familie in by sy intieme hemelse familieband. Johannes 17 trek die gordyn oop op Jesus se gelukkige ewige familieband met God. Boonop nooi Hy ons in binne hierdie ewige familie sirkel. Jesus bid met name vir almal wat deel van hierdie hemelse familie geword het, of nog gaan word. Dit is elkeen aan wie Jesus God se Naam bekendgemaak het (vers 6), en wat glo Hy is die unieke Seun van God (vers 7-8). Nee, Jesus bid nie dat ons uit die wêreld moet padgee nie, maar dat God ons sal bewaar. En dat ons nou reeds dieselfde onderlinge eenheid sal ervaar as wat van ewig af tussen die Vader en Seun bestaan (vers 11).

Wat ’n gebed! Dit is toe verhoor! Leer asseblief in hierdie suksesvolle gebed van Jesus om meer God-gerig te bid en minder self-gerig. Verheerlik God, soos wat Jesus jou geleer het, in jou gebede en in jou hele lewe. O ja, en vier fees dat jy ook deel is van God se familie!


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page