Kerkvereniging binne die pastorie
top of page

Kerkvereniging binne die pastorie


Van julle lees nou al ‘n rukkie die Pastorie-stories van my; hoe ek groot geword het en die dingetjies van kindwees in die pastorie. Dit verskil seker van kerk tot kerk en gemeente tot gemeente. Dit verskil seker selfs binne die gereformeerde familie; hoe kinders in ‘n NG kerk gemeente en hoe kinders in ‘n VG kerk gemeente die pastorie-lewe ervaar.

So hier en daar was daar mooi momente, maar die meeste daarvan was maar ‘plain’ sleg. Dus jammer dat ek dit sê. Dus jammer dat mense in die kerk slegte ervarings beleef; dit moet dan juis die plek wees waar mense weggesteek word van die pyn en koue van die lewe. Die kerk moet dan juis die plek wees waar mense warmte en liefde ervaar-en die pastorie wat ‘n verlengstuk is van die kerk of gemeente moet ook dan ‘n plek wees waar die gesin in daardie pastorie warmte en liefde ervaar.

‘n Mens kan natuurlik die vraag afvra of die pastorie ‘n verlengstuk is van ‘n gemeente? As dit wel so is , dan beteken dit die gesin woon dan in die kerk? In die NG kerk het die verskuiwing al jare gelede gekom dat die pastorie verkoop word of dat die dominee sy eie huis aankoop? Is dit dan nog ‘n pastorie as die dominee sy eie huis aankoop? Dalk is dit nog want indien jy mense/gemeentelede by dié huis sien word dan deel van jou werk en is dit dan deel van die kerk-dus pastorie. Of anders gestel; die feit dat daar so baie gepraat word van die kerk by dié huis koppel tog die huis meer aan die kerk as ‘n ander huis. Dit blyk dan dat al het die predikant sy eie huis; bly dit nog steeds die pastorie.

As kind het ek grootgeword in ‘n NG Sendingkerk-pastorie en later toe ‘n VGK-pastorie. Terwyl ek deur my kinderjare krap en ervaar dat ek as kind eindelik baie seer gekry het, wonder ek hoe ‘n NG Kerk-pastorie kind die lewe ervaar het. Dalk beter vanweë n beter inkomste. Onthou nog een gesprek waar ek besef het my basiese salaris is ‘n NG predikant se reistoelaag…dit was vir my skokkend. Ander verskille was die huisbesoek; dus nog steeds ‘n vereiste in baie anderkleurige gemeentes en plaas ‘n geweldige druk op jong gesinne. Dalk raak ek nou aan te sensitiewe ‘issues’, maar dit sou lekker wees om rondom ‘n koppie koffie met n NG-pastoriekind eendag te sit en gesels oor hom/haar ervaring as kind.


bottom of page