Welkom-mense is skaars en kosbaar!
top of page

Welkom-mense is skaars en kosbaar!


Lag en vier fees saam met elkeen wat bly is. Huil saam met elkeen wat hartseer is. Romeine 12:15

Twee mense ken mekaar amper wanneer hulle verby die voorportaal deur die kombuis tot in die waskamers van mekaar se harte geloop het ... daar waar gister se skottelgoed nog onder ‘n lappie toegegooi staan. Twee mense word vriende wanneer hulle elke wegsteek-ding in hul harte skroom loos voor mekaar uitgepak het en mekaar dan steeds lief het. God ken ons meer as ken. Hy kom sit elke dag tussen die spinnerakke in die stoorkamers van ons lewens, en dan het Hy ons so lief, dat Hy lank reeds vir ons gesterf het. Dat Hy lank reeds vir ons leef.

As jy ‘n lewensmaat, vriendin of vriend het by wie jy sonder skroom kan tuiswees, is jy bevoorreg en verstaan jy iets van jou Vader se onvoorwaardelike omgee-liefde vir jou. En as jy iemand is waarby ander gestroop én veilig kan voel, verstaan jy iets van die aangee-liefde wat God wil hê ons moet uitdeel.

Mense sal by jou tuis wees wanneer jy ore het wat luister, ‘n hart het wat verstaan, hande het wat spontaan uitreik en voete het wat die ekstra myl loop. Hulle sal by jou veilig voel as hul hul hart met jou kan deel, en weet dat dit vertroulik bly. Hulle sal in jou liefde gekoester voel wanneer jy met jou lewe sê: Ek het jou lief. Ongeag.

Is jý so tuiskom-mens?

Dierbare Maker, kan U my asseblief ‘n Welkom-mens maak: iemand by wie ander gemaklik voel?


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page