Jou brandstof is nie klaar nie.
top of page

Jou brandstof is nie klaar nie.


Nou die dag merk iemand op hy benodig alreeds ’n tweede dagboek vir 2017. Toe iemand hom vra hoekom, sê hy dat die nuwe 2017 dagboek wat hy pas vir Kersfees gekry het reeds halfpad vol geskryf is met probleme en uitdagings wat in die nuwe jaar voorlê. Baie mense kan met hom identifiseer. Vele se senuwees is al klaar weer op oor die nuwejaar voordat daar enige rede is vir so iets. Die uitdagings van Suid Afrika maak mense lewensmoeg, ook al hou hulle lang vakansies hier in Desembermaand. Daarom dat nie almal ewe veel uitsien na 2017, en dat nie almal meen dat dit ’n beter jaar as 2016 gaan wees nie. Wel, ek kies om te verskil, want ek weet daar is hoop.

Hierdie hoop is nie vaag nie. Nee, hierdie hoop het ’n naam: Jesus Christus. Hy is die lewensgrootte verskil tussen wanhoop en hoop. Hy is ons lewe. Hy is ons hoop hier en nou en vir altyd. Jesus troon altyd uit bokant ons omstandighede. In elke storm en te midde van kalm waters is Hy die Heer. Daarom dat daar altyd hoop is op elke pad waarop Jesus ons Gids en Reisgenoot is. Jesus is sowel die roete en die eindbestemming van alle roetes wat ons in 2017 gaan bewandel. Glo dit en leef.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page