Voel mense veilig by jou?
top of page

Voel mense veilig by jou?


Wanneer hulle in Christus se voetspore stap en soos Hy leef, wys dit dat hulle aan God se familie behoort. Romeine 8:29b

Dis lekker om tuis te wees by iemand. Om te weet ek kan my skoene uitskop, my grimering afwas en sommer net wéés omdat daardie mens my liefhet net soos ek is. Dis goed om veilig by iemand te voel omdat jy weet dat hy/sy jou belange regtig op die hart dra.

Dink jy mense voel veilig genoeg by jou? Want dan is daar iets van Jesus se onvoorwaardelike liefde en aanvaarding in jou. En dan kan jy, met jou gewone menswees, ‘n reuse verskil in iemand se lewe maak. Ons kan slegs veilige hawes vir ander wees wanneer die Here ons van ons eie grootheidswaan gestroop het en wanneer ons bewus is van sy onvoorwaardelike aanvaarding van ons. Wanneer ons op daardie plek is waar ons weet ons is veilig in sy hande, dan is ons harte soveel makliker oop vir ander. Nie net vir hulle van wie ons hou of wat vir ons lief is nie. Nee, dan is ons harte oop vir vriend en vyand, oulike en minder aangename mens en gelowige en ongelowige.

Jesus het sy lewe vir élke mens op aarde afgelê. Daarom kan ons almal veilig voel by Hom. Besef ons dit, is dit maklik om met ons hart, mond en ons doen vir ander te sê: Kom tuis by my. Jy’s veilig in my hart.

Vader, verander my hart sodat ander sal voel: sy’t my lief nes ek is.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page