Kyk dwarsdeur my
top of page

Kyk dwarsdeur my


‘n Bekende Christen wat vir vele mense ‘n rolmodel is, is iewers gevra hoe hy dit regkry om nederig te bly ten spyte van sy populariteit. Sy antwoord was kort en kragtig: “Ek maak ‘n slegte afgod uit! Kyk verby my en sien God raak.” Hierdie man het besef hy is regtig net ‘n doodgewone mens wat deur die Here begenadig is om iets vir ander te beteken. Hy het ook besef moet deursigtig genoeg wees sodat ander mense God in hom kan raaksien. Dit geld vir ons elkeen. Of ons bekend is ver buite ons huis, of dalk net in ons huis, ons almal is voltydse weerkaatsers van God se liefde. Ons skyn bedags en snags vir Jesus. Mense moet dwarsdeur ons kyk en God se handewerke raaksien. Hulle moet hoor dat daar genadetaal op ons lippe is, Jesus se soort. Hulle moet sien dat ons nooit kwaad met kwaad vergeld nie, of wrokke jare lank in ons hart lewendig hou nie. In ons lewe moet hulle ’n sterker-groeiende ywer vir die Here raaksien en groter liefde vir Hom. Ook dat ons nooit in ons toewyding verslap nie, maar dat ons God met groot toewyding en liefde dien. Dan is ons deursigtig genoeg.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page