Moenie outomaties leef nie
top of page

Moenie outomaties leef nie


As jy jare lank iets doen, dan gebeur dit later outomaties. Jy bestuur jou motor outomaties. Jy lees jou Bybel outomaties. Jy sit outomaties op dieselfde plek in die kerk, of in jou gunsteling eetplek. Jy ry outomaties dieselfde roetes en sê outomatiese dieselfde dinge oor dieselfde holrug-geryde temas. In 2013 het ’n hoogs ervare rotsklimmer, Susan Mailloux, in die VSA juis tragies gesterf nadat sy vergeet het om haar harnas vas te klamp aan die reddingstou toe sy teen ’n rotsmuur in ’n gimnasium uitgeklim het. Een kenner het gemeen sy was so gewoond aan hierdie manier van rotsklim dat sy aste ware op “autopilot” was en nie meer gedink het nie. Sy het selfs haar gevaarlike sport outomaties beoefen.

Ons moet ligloop om gewoond te raak aan dit waarmee ons onsself daagliks besighou. Die grootste gevaar van alles is egter wanneer ons gewoond raak aan die Here se dinge. Dan bid ons onnadenkend en lees die Bybel sonder dat ons enige noemenswaardige lewensverandering verwag. Trouens, ons meen dan dat gebed so maklik is soos om net voor ete of voor slapenstyd ’n paar standaard-woorde half onnadenkend met God te deel. Of om die Bybel sommer net oop te slaan en te lees wat ons wil en te vat hieruit wat onsself pas. Hoor hier, wanneer ons op God se terrein is, dan is ons op heilige grond. Dit is lewensveranderende gebied. Ons moet ons plek voor Hom ken. Ons moet bewustelik aanwesig wees in sy teenwoordigheid. Ons moet wag op Hom (Habakuk 2:20). Ons moet ons woorde versigtig kies as ons met Hom praat (Prediker 5:1-2). Ons moet nederig wees voor sy aangesig (Jakobus 4:7-8). Dan leef ons met die regte deurdagtheid.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page