Hemelse hofsaal [resensie]
top of page

Hemelse hofsaal [resensie]


Hemelse hofsaal: Twyfel jy soms of jy régtig hemel toe gaan? Ontdek hoe jy die Hemelse hofsaal kan betree om vir vryspraak te pleit. deur Elza Meyer. CUM. 2016

Die storie is van die man wat jare gespaar het om met die skip na Engeland te vaar. Hy was al redelik bejaard voor hy dié ambisie kon uitleef. Die reis het egter langer geduur as wat beplan is omdat die skip slegte weer getref het. En dit noodsaak die man om by personeel navraag te doen waar hy iets te ete kan koop. Verbaas wil hulle by hom weet hoekom hy kos wil koop. Daar is dan drie etes wat in die eetsaal vir passassiers voorberei word. Nee, beduie hy, hy het sy eie padkos saamgebring, maar dit is nou klaar. Min wetende dat sy reiskaartjie alle etes ingesluit het!

So is daar Christene wat bely dat Jesus vir hulle sondes aan die kruis gesterf het, maar dan dra hulle steeds die las self. Hulle verstaan nie dat die reiskaartjie alles, maar alles insluit nie! Jy wéét jy is vrygespreek voor God op grond van wat Jesus vir jou gedoen het. Maar jy kry dit nie reg om te aanvaar dat jy losgekoop is van sonde nie.

En dit is wat Elza Meyer hier doen, op haar kenmerkend boeiende styl, om vir jou die ou boodskap weer te vertel: jy mag met vrymoedigheid in die teenwoordigheid van God kom omdat jou sonde vergewe is. Jy hoef nie nader te kruip en jouself te verwyt oor jy ‘n sondaar is nie. Jy hoef nie vreesagtig voor die Here te kom nie. Jy mag tot voor God se troon stap. Trouens, as jy aanvaar dat jy in Christus is en leef, is jy as’t ware elke oomblik voor en by God se troon.

En dan mag jy met vrymoedigheid die belangrike taak vervul om as voorbidder vir ons land, jou familie en vriende, en ander sake in te tree.

Jy is vry. Die tyd het aangebreek dat jy so leef!

Die boekie is so geskryf dat dit inligting sistematies en dikwels met diagramme verduidelik, en dat daar dan kort-kort doentyd is. Want Elza wil hê jy moet die waarhede self ontdek sodat jy in die geloof kan groei.

‘n Belangrike boek vir mense wat verteer word deur skuldgevoelens en verwyte, alhoewel hulle al by die kruis gekniel het. En terselfdertyd ‘n nuttige hulpmiddel om die volheid van lewe te ontdek waarvoor Jesus gekom het, gesterf het en sy Gees na jou gestuur het.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page