Tyd vir ander tyd
top of page

Tyd vir ander tyd


Vandag vra die kinders vir my om hulle horlosies reg te stel. Tayla se nuwe horlosie se datum is verkeerd en haar tyd is agter. Liam se horlosie is drie minute voor. Wêreldwyd vier die kerk van Jesus vandag die laaste week van die kerkkalender - en is dit vandag Christus is Koning Sondag. Volgende week breek die nuwe liturgiese jaar aan met die begin van die Adventfees*. Jesus volgelinge se nuwe jaar breek op 'n ander tyd aan - ons is weird.

As volgelinge van Jesus werk ons op 'n ander manier met tyd en leer ons om God se koninkryk te soek binne die dae, weke, maande en jare van ons tyd. Net soos Tayla en Liam se horlosies is ons egter soms bietjie agter en leef in die verlede of ons is bietjie haastig en leef in die toekoms. Dit is die kerkjaar wat ons help om deur die seisoene van die liturgie ons lewens se horlosies reg te stel. In een van my Hoërskool Bybels het ek 'n gedig neergeskryf om my te help onthou om my eie horlosie te sinkroniseer met die lewe van God wat Ek IS genoem word,

I was regretting the past and fearing the future. Suddenly my Lord was speaking:

“My name is I AM”

He paused.

I waited. He continued,

“When you live in the past with its mistakes and regrets, it is hard.

I am not there.

My name is not I WAS.

When you live in the future,

With its problems and fears,

It is hard. I am not there.

My name is not I WILL BE.

When you live in this moment,

It is not hard. I am here.

My name is I AM.

Mag jy saam met jou gesin ook in hierdie nuwe jaar die vreugde ontdek van 'n lewe wat verswelg word deur die genade golwe van die Vader, Seun en Gees. Mag jy leef in die avontuur van die koninkryk se tyd, verberg in die lewe van die Triniteit.

* As jy hulpbronne vir Advent wil bekyk kan jy gerus na hierdie skakel kyk : https://renovare.org/articles/making-advent-meaningful


bottom of page