Woorde wat genees
top of page

Woorde wat genees


Spreuke 12:18

Wanneer ‘n mens elke dag met tieners werk kan dit nogal soms ‘n uitdaging wees. Ons ken almal tieners se nukke en grille. Ons ken ook hulle humeure en vry sê. Om met ‘n klaskamer vol van tieners te werk bly daagliks ‘n voorreg maar ook ‘n geweldige uitdaging. Jy weet hoe gaan dit soms in jou huis, wat nog te sê met ‘n klaskamer vol van daardie ouderdom. ‘n Mens moet mooi dink en mooi praat om soms nie te beledig of jou humeur te verloor nie.

Hierdie teksvers het my persoonlik al baie aangespreek. Om te praat sonder om te dink kan soos dolksteke wees. Ons het almal al die seer beleef van ongegronde woorde of woorde wat jou deurboor. Ons het elkeen al ervaar hoe seer woorde kan maak. ‘n Mens hoor van so baie volwassenes wat seer dra as gevolg van dolksteek woorde.

Ons teksvers sê duidelik vir ons dat ons sulke woorde moet vermy. Dit gebeur wanneer jy self seer of kwaad is. Hierdie woorde het mos ‘n manier om sommer net by jou mond uit te val voor jy dit kan keer.

Die teendeel is egter dat woorde ook genesing kan bring. Wanneer jy in liefde praat, of wanneer jy opbouend jou kind of mense komplimenteer, bring woorde genesing. Ons is soms so krities op ons kinders. Hulle span moet ten alle koste wen, of hy moet ‘n seker tyd hardloop. Jy ken al die stories. Dit is in die tweede kom of verloor wat jy die wysheid moet hê om die regte woorde te sê. Liewers aanmoedig as afkraak. Dan praat ek nie eers van kragwoorde nie. Ons moet tog onthou dat ons die volwassenes is in die verhouding. Ons stel die voorbeeld. Jou kinders gaan maak soos jy vir hulle gewys het.

Hoe praat julle by die huis? Hoe praat julle van ander mense? Moet nooit uit die oog verloor dat jou kinders jou voorbeeld volg nie. Dink vandag na oor jou woorde en wat hulle die afgelope week beteken het. Was jou woorde dolksteke of het hul genesing gebring?

Gebed

Here, sit ‘n wag voor my mond. Laat ek woorde spreek wat sal genees en opbou.

Amen


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page