Genesing en waardevolle littekens
top of page

Genesing en waardevolle littekens


Kintsugi (金継ぎ?, きんつぎ, "golden joinery"), also known as Kintsukuroi (金繕い?, きんつくろい, "golden repair"),[1] is the Japanese art of repairing broken pottery with lacquer dusted or mixed with powdered gold, silver, or platinum, a method similar to the maki-e technique.[2][3][4] As a philosophy, it treats breakage and repair as part of the history of an object, rather than something to disguise - Wikipedia

Daar word vertel dat hierdie kunsvorm so gewild geraak het onder versamelaars, dat sommige van hulle daarvan verdink word dat hulle met opset hulle waardevolle porselein breek sodat dit met kintsukuroi herstel kan word.

Na die herstel van ons stukkende huwelik baie jare gelede, het ek graag vertel dat God nie die stukkies aanmekaar geplak het nie, maar dat Hy iets nuuts gemaak het wat mooier is as die oorspronklike. Op ‘n manier is dit waar, maar toe ek ‘n bietjie begin oplees het oor hierdie Japannese kunsvorm, het ek besef dat Hy eintlik die brokkies van ‘n stukkende menselewe aanmekaar plak met die fynste, beste kwaliteit gom van sy genade, gemeng met die goud van die bloed van sy Seun. Die resultaat is ‘n pragtige houer, geskik vir gebruik, wat getuig van die vaardigheid van die hemelse vakman en die waarde van hierdie breekbare houer wat lewenslank van die insig en vaardigheid van die vakman kan getuig.

Die resultaat is steeds ‘n breekbare porseleinhouer wat straal met ‘n nuwe skoonheid, die goue strepies van God se liefde en genade wat sigbaar herinner aan sy goedheid en almag. Paulus sê so mooi dat die waarde van hierdie breekbare houer (erdekruik) eintlik lê in die kosbare skat waarmee God dit vul: “die kennis van die heerlikheid van God wat uit die gesig van Jesus Christus straal.” “… die allesoortreffende krag kom van God en nie van ons nie.” – 2 Korintiërs 4

Die verhaal word vertel van die Amerikaanse pastoor wie se kind verdrink het. Die gebroke egpaar het verhuis na ‘n ander staat om net weg te kom van alles wat hulle aan die seer herinner. By hulle nuwe gemeente, egter, het iemand wat geweet het van hulle verlede, kom vra dat hulle asseblief ‘n ouerpaar wie se kind verdrink het, sal kom vertroos. In die proses het hy geleer dat God die seer genees, maar nie die littekens wegneem nie. Dié gebruik Hy vorentoe om vir ander te wys dat genesing wel moontlik is.

Deur Jesus se wonde het daar vir my genesing gekom, en in die mate wat ek dan kies om God toe te laat om my littekens te gebruik sodat daar vir ander genesing kan kom, word al hoe meer Christus-gelykvormig (Romeine 8:29).

Wonde wat deur die hemelse Geneesheer se hande aangeraak is, laat nie liederlike littekens nie, maar lieflike littekens wat getuig van die krag van sy liefde.

In al ons swaarkry bemoedig Hy ons. Hy doen dit sodat ons ook in staat sal wees om mense in al hulle swaarkry by te staan met dieselfde bemoediging waarmee God ons versterk het.

- 2 Korintiërs 1:4 Nuwe Lewende Vertaling.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page