Moenie “misfire" wat jou naam betref nie!
top of page

Moenie “misfire" wat jou naam betref nie!


’n Kaapse vriend vertel my dat een taxi bestuurder wat hom iewers heen geneem het homself voorgestel het as “Misfire.” Toe hy vra waar hierdie vreemde naam vandaan kom, vertel die man dat hy van Zimbabwe afkomstig is. Jare gelede, toe sy ma hom nog verwag het, was sy pa in ’n gewapende roof betrokke. Die misdadigers het sy pa aangehou en hom toe kans gegee om te bid voordat hulle hom sou doodskiet. Maar toe vuur die pistool nie. Drie keer het die booswig die sneller getrek, sonder enige sukses. Toe skrik hulle en vlug. Uit dankbaarheid het die pa toe sy kind, wat kort hierna gebore is, Misfire benoem. Sy naam moes hulle as familie lewenslank herinner aan die goedheid van die Here.

In die Bybel het God soms mense se name verander nadat Hy hulle ontmoet het. Jakob het Israel geword nadat hy met die engel van God geworstel het, en Simon het Petrus geword nadat Hy bely het dat Jesus die Messias is. En jyself kry ook ’n nuwe naam. Jy word ’n kind van God genoem omdat jy die evangelie van Christus glo (1 Johannes 3:1). Leef asseblief op aan hierdie nuwe naam en identiteit. Wees ’n waardige naamdraer van God deur die manier hoe jy praat en optree. Sorg dat jou nuwe naam nie skade en skande bring oor die heilige Naam van God nie. Moenie hier “misfire” nie!


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page