‘n Predikant se grootste versoeking
top of page

‘n Predikant se grootste versoeking


Sondae aanddienste is ‘n snaakse gedierte. Party gemeentes bars uit hulle nate uit terwyl ander gemeentes net vier lidmate tydens daardie aanddienste het. Daar is baie faktore wat die verskynsel beïnvloed. Party gemeentes dwing hulle katkisante om die Sondae aanddienste by te woon omdat hulle katkisasie klas 17h00 die middag is. Dit beteken jy het gedwonge getalle. Studente gemeentes se Sondae aanddienste is baie vol-ek dink aan my tye in Pretoria naby Tuks. Partytjies maak ‘n mens moeg en dan is opstaan op ‘n Sondagoggend baie moeilik. Dit help ook natuurlik as jy die jong populêre-youtube-clip-dominee die Sondagaand laat preek. Ek weet nie- maar vandat ons kinders op laerskool is, gebruik ons Sondae aande om reg te maak vir die week of om te kuier by ouma in die outehuis.

Dit herinner my aan een Sondagaand wat ek saam met my pa kerk toe was-ek het julle al vertel. Toe ons daar aankom was dit ek, hy (die dominee), twee gemeentelede en die koster. Ons was dus altesaam vyf mense in die kerk. Daardie aand preek my pa 45 min.- laat ek dit herhaal-weereens daardie Sondagaand preek my pa 45 min. en dit was sonder die drie gesange. As tiener was dit vir my soos ‘n tandarts afspraak want ek kon nie weg kyk of bietjie met my tone speel nie want ons was so min dat my pa nog makliker sou agterkom dat ek nie meer luister nie. Ek gebruik ‘nog makliker’ want selfs wanneer jy preek en die kerk vol is; sien jy alles van die kansel. Vir een oomblik verskuif die mag. Dit is nie meer die gemeentelede wat die dominee krities dophou nie, maar die dominee terwyl hy/sy preek. Vir daardie oomblik van ‘n uur of twee is die dominee in dié dophou-magsposisie. Vir daardie uur of twee moet almal na hom/haar luister terwyl hy/sy met outoriteit die gemeente aanspreek. Vir daardie uur of twee moet die gemeente en kerkraad verpligtend luister na wat die dominee sê. Die spel het verander; dus nie ‘n kerkraadsvergadering waar die dominee moet luister na die voorsitter en die hiet en gebied van kerkraadslede nie.

Dit is in daardie oomblik waar die grootste versoeking in ‘n predikant se lewe na vore kom; die versoeking om die kansel te gebruik om die wat hom/haar seergemaak het, terug te kry met sag hebbende woorde. En dit is so maklik om ‘n skrifgedeelte te soek en iemand mee te slaan. Hoe baie het my pa nie al seergekry nie en hoe baie seer woorde is nie na hom geslinger nie, maar nie een keer het hy ooit ‘n terugkap-preek afgesteek nie. Nie een keer het hy die kansel misbruik om die reg te sien wat hom in kerkraadsvergaderings en op die straat veroordeel het nie.

My pa…het die versoeking weerstaan (Matt. 4)


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page