Onverstaanbaar. En tog waar.
top of page

Onverstaanbaar. En tog waar.


“ ... Ek sal jou en jou nageslag ‘n groot nasie maak. Ek sal jou ryk en voorspoedig maak. Oral sal mense jou naam ken en van jou praat. Oor jou sal dit met hulle ook goed gaan." Genesis 12:2

Ons word almal soms moedeloos. Dinge loop immers nie altyd soos ons dit beplan het nie. Ander kere weer glo ons jaar na jaar onwrikbaar in God se beloftes sonder dat dit lyk asof dit waar gaan word. En dis dan wanneer dit moeilik is om aan God se trou te bly vasklou. Dis dan wanneer ons weer kan stilstaan by ander geloofshelde van die geskiedenis. By mense soos Abraham:

Hoeveel keer moes Abraham God nie vertrou nie. Hy moes wegtrek na ‘n onbekende land, meer as een keer van rigting verander en vir baie jare bly glo dat God hom en sy kinderlose vrou, Sara, tog eendag met ‘n nageslag sal seën. En dan, wanneer God op 100-jarige ouderdom aan hom ‘n seun, Isak, gee Hy sowaar van hom om die seun te gaan offer! Hoe onverstaanbaar was God se opdragte aan Abraham nie. En tog bly glo Abraham aan God se trou.

Later lees ons hoe die Vader se beloftes van voorspoed, ‘n groot nasie en hoë aansien meer as waar geword het. Hoe Abraham absoluut uit sy sokkies geseën is.

Jy hoef nooit aan God se beloftes vir jou te twyfel nie. Hy bly getrou. En Hy sal jou altyd ... altyd ... stewig in sy hand vashou.

Here, ek vertrou U. Al verstaan ek nie.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page