Wanneer iemand jou hart bang maak
top of page

Wanneer iemand jou hart bang maak


Naby Egipte se grens het Abram bang geword en vir sy vrou Sarai gesê: “Jy is ‘n baie mooi vrou. Almal kan dit sien. En dit is waarom ek vir die Egiptenaars bang is ...” Genesis 12:11

Dis nie lekker om vir mense bang te wees nie. Dis mos asof sekere mense ‘n manier het om ons totaal onseker te laat voel, ons te laat twyfel aan ons eie vermoëns en ons harte met stukkies vrees vul. Heel dikwels is dit ons meerderes en/of mense wat ‘n groot invloed op ons bestaan en ons toekoms het.

Wanneer jy in vrees vir iemand leef, kan jy jouself gerus afvra, waarom jy so voel. En is daar enige iets wat jy kan doen om die situasie te verander? Of is daardie mens eenvoudig iemand wat weens sy optrede en persoonlikheid ongewenste vrees inboesem?

Wat ook al die situasie, kan jy gerus onthou: Wanneer ons binne God se wil optree, hoef ons nooit ander mense te vrees nie. Want met ons Vader aan ons kant kan ons enige iets oorkom, enige situasie hanteer en in alle gevalle as wenners uit ‘n stryd tree.

Onthou: mense kan niks aan jou siel doen nie! Leef jy maar net binne God se wil, doen jou beste, leef sy soort liefde en vind dan jou vrede in die wete dat jy slegs aan God verantwoording hoef te doen.

Vader-God, ek vind vandag rus in die wete dat U in beheer is van my én ander se lewens.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page