Dit is genoeg om te weet dat Christus weet!
top of page

Dit is genoeg om te weet dat Christus weet!


Dit is omtrent net ‘n verkleurmannetjie wat kan verander sonder om ver te reis. Deur net op die tak langsaan te gaan sit, verander dit spontaan van kleur. Ongelukkig is die lewe nie so maklik vir die res van ons nie. Ons lewensreise verander ons, maar of dit ons ten goede verander, is ‘n ander vraag. Sommige mense leef byvoorbeeld in trurat. Hulle reis al hoe dieper die donkerte in. Hulle omring hulle met dieselfde negatiewe mense; hulle herhaal oor en oor dieselfde gesprekke en roetines. Geen wonder nie dat gevoelens van bitterheid, verwerping en woede hulle uiteindelik versmoor. Dit gebeur omdat hulle nie ‘n goeie eindbestemming in die oog het en elke dag nuwe reise aanpak nie. Christus se mense weet hulle is onderweg na ‘n splinternuwe ewige stad. Hulle weet Jesus is die Pad, die waarheid en die lewe (Johannes 14:6). Anders gestel, hulle weet Hy is die enigste regte pad asook, die finale eindbestemming, dit alles in een. Mense wat Jesus regtig navolg is pelgrims wie se oog op hulle Ewige Reisgenoot is; daarom dat hulle die moed het om agter Hom aan te stap. Hy ken die Pad omdat Hy die pad is, daarom breek hulle nie hul koppe oor môre en oormôre se nuwe roetes nie. Dit is vir hulle genoeg om te weet dat Christus weet! Daarom word hulle lewens op die regte maniere deur hulle lewensreise verander. Omdat hulle goed weet Wie hulle eindbestemming is, is hulle nie bang vir uitdagings en onsekerheid nie. Ewe goeie nuus is dat ander mense langs die pad ook die vrugte van sulke pelgrimstogte smaak waarop Jesus se mense lewenslank is. Pelgrims wat oppad is na God se feesmaal leef immers met ruim harte en oop hande. Hulle is voltydse verspreidingspunte van hemelse genade.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page