Facebook
top of page

Facebook


Die strategy + business tydskrif het onlangs ‘n in diepte onderhoud met Facebook se bemarkingsdirekteur, Carolyn Everson, gevoer.

Die vraag wat ‘n indruk op my gelaat het lui as volg;

Vraag: Facebook has shown an impressive ability to pivot, organize, and plan – even in an environment that shifts with remarkable speed. Given the pace of change in the world and in your industry, how do you plan on executing your strategy three to five years from now?

Antwoord: We start almost any strategy discussion with our mission. The mission is to make the world more open and connected. We believe connectivity is a human right, just as much as food, shelter and water.

Op grond van hulle beweegrede is Facebook se kernvraag;

Hoe bou ons ‘n betekenisvolle verhouding met mense?

Hoe maak ons seker dat mense/organisasies met mekaar betekenisvolle verhoudinge kan bou.

Vir Facebook is die ongeveer 180 miljoen mense in Afrika, wat Facebook gebruik, meer as net ‘n nommer. Dit is 180 miljoen mense met wie hulle ‘n betekenisvolle konneksie gemaak het en vir wie die wêreld ‘n toegankliker plek is. Die miljoene mense wat nog nie die voorreg beleef het nie, is die rede waarom hulle kyk na kreatiewe maniere om almal die geleentheid te gee…hommeltuig satelliet…Live Video Chat… Dit maak daarom ook sin dat hulle soek na werknemers wat impak maak en ‘n begeerte het om ‘n meer betekenisvolle impak te maak.

Ek het sommer gewonder oor hoe jy sou antwoord indien ek jou die volgende drie vrae sou vra:

  • Hoe bou jy betekenisvolle verhoudings met mense?

  • Hoe skep jy ruimtes waarbinne mense mekaar betekenisvol kan leer ken?

  • Watter idees, planne en mense het jy help jou om met bogenoemde twee vrae?

Die wêreld sal deur julle liefde vir mekaar weet dat julle my dissipels is – Jesus.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page