Selfsug - “Grant me a divorce from the self engagement.”
top of page

Selfsug - “Grant me a divorce from the self engagement.”


In ‘n Britse koerant verskyn daar onlangs ‘n artikel met die opskrif ”Grant me a divorce from the self engagement.” Die berig gaan oor die selfgerigtheid van die hedendaagse samelewing en tot watter uiterste mense se selfverheffing gaan. Dit vertel van ‘n vrou in North Dakota wat met haarself getrou het in ‘n seremonie waar 40 gaste teenwoordig was. Dit vertel verder hoe ‘n Britse meisie foto’s van haarself op sosiale media geplaas het waar sy op ‘n “selfdate” was en hoe “Self verloofringe” die jongste absurde nuutjie is. ‘n Ander artikel berig dat die verkope van lipstiffie toegeneem het omdat jongmense aantrekliker en ouliker wil wees wanneer hulle “selfies” op sosiale media plaas. Die fokus in al hierdie gevalle is op hulself en die vervulling van hul eie behoeftes en begeertes.

Self-gesentreerdheid is seker dié onaantreklikste persoonlikheidseienskap. Terwyl ek oorbluf hierdie berig lees en stom van verbasing is oor die vlak van selfgesentreerdheid, moet ek krities na myself as Christen kyk. Terwyl ek dit nie oorweeg om aan myself verloof te raak nie, sien ek, as ek mooi na my eie lewe kyk, hoedat die wêreld en sy standaarde ‘n direkte invloed op my het en veranderinge subtiel begin intree.

Soos ‘n stadig groeiende kanker begin verandering ongemerk - verander my manier van dink asook my optrede. Waar ek voorheen dalk meer inskiklik, vriendelik, geduldig en liefdevol was, raak ek nou moeiliker om mee oor die weg te kom. Ek raak veeleisend en wil dinge op my eie manier gedoen hê. Ek sukkel in my verhoudings want my behoeftes en begeertes kom nou eerste. Ek verwag om bedien te word in my huwelik, in my vriendskappe en by die werk.

Dit is eers wanneer Jesus sagkens die spinnerakke van selfgesentreerdheid kom wegvee in my stiltetyd en ek met die Woord gekonfronteer word, dat ek agterkom hoe ver ek weg beweeg het en ‘n afgod van myself gemaak het. Hy kom vervang my hoogmoedigheid met nederigheid en liefde, leer my hoe om te gaan dien – in my gesin, in die kerk, werk en gemeenskap. Dit is dan wat my behoeftes en begeertes hul regmatige plek inneem – ondergeskik aan wat Hy van my vra, wat die Bybel my leer. Die beskrywing van Moeder Teresa kan dan ook waar word van my lewe "Her secret is that she is free to be nothing. Therefore God can use her for anything."

Stiltetyd is daarom ononderhandelbaar in my en elke Christen se lewe. Dis slegs in die lig van Sy teenwoordigheid dat die wêreldse invloede duidelik word, ek minder kan word, en Hy meer (soos wat Johannes die Doper gesê het).

“If we live a self-directed, self-motivated, self-centered life, always needing to get our own way, then we're going to be miserable. In fact, many times we believe it's our problems that are making us unhappy when, in reality, it's because we're focused on ourselves!” Joyce Meyer.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page