The Come Back [resensie]
top of page

The Come Back [resensie]


Louie Giglio. The Come Back. DVD: Passion City Church Resources. Multnomah. 2016

Min dinge inspireer ‘n mens so baie as ander se verhale wanneer hulle dit gemaak het. En veral as hulle dit against the odds maak omdat die lewe vir hulle ‘n swak hand kaarte uitdeel, en hulle nogtans terugkom en ‘n sukses maak. Dit stel jou in staat om nuut te droom oor jou eie lewe en omstandighede, en om met nuwe moed te kyk hoe jy ‘n verskil kan maak.

Ons weet almal hoe dit voel as die lewe jou teleurstel en nie wil uitwerk soos jy gehoop het nie. Vir 'n lang ruk smag jy al na iets anders, iets beter, iets meer. The Comeback vier hierdie nuwe begin. Dit bied bemoediging en perspektief, en dit is vir jou as jy gefrustreerd of verward voel, as jy voortdurend swaarkry of pyn het, as jy foute gemaak het of rou, as jy verslaan is of voel asof jy besig is om alles te verloor.

Die goeie nuus is dat God is in die besigheid is om mense ‘n tweede kans te gee en ‘n nuwe en vars begin te gee. Hy gee hoop aan die hopeloses en rigting aan die rigtingloses. Hy is daar om hulp te verleen waar dit nodig is. God se planne sal altyd seëvier, selfs wanneer ons planne skeefloop.

Die verhale van vroue en manne op dié DVD demonstreer hierdie waarheid. Hulle het deur beproewinge en vuurproewe gegaan waarvan min mense kan droom, en dit tog gemaak. Want hulle het hulle vertroue, al is dit wankelend, op God gestel en uitgevind wat sy betroubaarheid en getrouheid vir ‘n mens kan beteken. Hulle verhale wil jou bemoedig: maak nie saak waardeur jy gaan nie, jy kan steeds jou vertroue op die Here stel. Al hou jy aan niks anders vas nie, behou jou greep op Hom. Want Hy is die God wat mense laat terugkom, soos uit die dood, en hulle in staat stel om die oorwinning te behaal. Solank Hy in jou verhaal is, is jou verhaal nog lank nie verby nie!

Die DVD word ondersteun deur Giglio se boek, “Waiting here for you: An advent journey of hope,” ‘n nuttige bron wat jy dalk ook in die hand wil kry.

Hierdie hulpbronne is beskikbaar by CUM en is ideaal geskik om jouself, jou gesin en jou selgroep op te bou.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page