In Jesus se naam!!!
top of page

In Jesus se naam!!!


My pa sê eendag hy is geestelik en emosioneel moeg. Hy lê daar met ‘n sigaret op die bed. Hys woedend en berispe al die seuns in die huis-vir my ook. Eks tien jaar oud en weet nie werklik wat aangaan nie. In sy woede beskryf hy hoe ons die tandepasta in die middel druk. Wat gaan aan? Ons staan daar teen die muur soos iemand wat wag vir die vuurpeloton…

Ons huis is deurmekaar en daar is gedurig konflik. Ek weet nie hoe om te reageer nie. Het dit iets te doen met die bose wat ons as ‘n huisgesin wil breek of is dit gemeente-stress? Die Swartkat op TV het my mooi geleer hoe om rond te snuffel en uit te vind wat aangaan. Al wat ek weet is my pa wil nou aan mense polisse verkoop en die gemeente los en my ouer broers verskaf baie tiener probleme. Die huis is nie meer lekker nie en op ‘n stadium wens ek ek kon iewers anders gaan woon. Ek wonder hoeveel kinders voel saans so…om by ‘n ander huisgesin te gaan woon. Ek wonder hoeveel kinders se ore is vol van skreeu en wie se harte vol van bitter.

Ouers besef nie altyd wat konflik in huise aan kinders se gemoedere doen. Elke dag in my klas is daar een leerder wat baie vaak en hartseer is want daar was weer gisteraand huismoles. Natuurlik is konflik deel van huisgesin wees, maar ek dink ons maak ‘n fout as ons as ouers dink dat dit nie (jong) kinders affekteer nie. Maar wie veroorsaak konflik in ‘n huisgesin? Is dit maar die moderne stress en/of fases waarin kinders hulself bevind soos bv. Tienerskap of is daar iets anders wat agter die gordyn die baklei-pot kook. Jesus waarsku ons dat die duiwel (Joh. 10:10) iemand is wat breek! Party mense sê daar is nie ‘n duiwel nie, maar wat ek nou al in my lewe gesien het en self ervaar het…

Die duiwel is ‘n afbreker en die beste pilare om te breek is huisgesinne want dan breek hy ter selfde tyd die huwelik en die kinders. Ek salf maar my huis elke derde week met die olyfolie (Jak. 5:14) en ek bid elke aand vir my kinders want die duiwel loop rond soos ‘n brullende leeu. Ek probeer elke dag sorg dat as daar konflik is ons agterna mekaar weer vind. Want die konflik waarmee ek my tienerskap ingegaan het, sal in die naam van Jesus nie in my eie huis geskied nie!!!!


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page