Here, ek weet U luister [resensie]
top of page

Here, ek weet U luister [resensie]


‘n Mens se stiltetyd kan maklik versand in roetine. Jy lees en bid, en sing dalk ook. Maar omdat jy dit elke keer doen, oorval die roetine daarvan jou en as jy jou oë uitvee, het dit maar net gewone gewoonte geword. Het ek dit al vanoggend gedoen, wonder jy dan.

Dan help ‘n hulpbron soos dié van Johan Smit ‘n mens omdat dit jou gedagtes opnuut stimuleer en jou blootstel aan nuwe temas en inhoude.

Johan Smit is ideaal geskik om so ‘n boek saam te stel. Met meer as 100 boeke op sy kerfstok en as predikant vir dekades het hy die ervaring wat ‘n mens benodig om oor gebed en stiltetyd, en God te praat.

Gebed is nie bloot eenrigting-monoloog nie. Daar kom tye dat jou woorde opdroog. Jou hart wil iets sê maar die taal ontbreek. Dan ervaar jy soms dat jy woorde sê wat jy nie self kon kry nie. Jou woorde kry lewe deur die krag van die Heilige Gees en jou gebed word die ervaring van gemeenskap met God. Jy word oorspoel met die wete dat die Here by jou is. En dan is woorde nie altyd nodig nie. Dan praat God, en jy luister.

So skryf Johan oor gebed as een van vele temas. Die temas is ingedeel in onderwerpe: God, geloof, kind van Godwees, jou huwelik en gesin en vriendskappe, teleurstellings, die praktyk van jou lewe, kerk en jou werk. En onder elke onderwerp is dan verskeie temas wat elke 3 bladsye verteenwoordig en bestaan uit ‘n kort oordenking, verskeie teksverse wat relevant is, enkele aanhalings uit wêreldliteratuur hieroor en dan afsluit met ‘n gebed.

So haal Johan uit Dwight L. Moody se werk aan as hy oor die Bybel skryf: Om die Bybel te lees sonder die bystand van die Heilige Gees is soos om in die nag na ‘n sonwyser te kyk.

Verdiep die kwaliteit van jou gebedstyd, of van iemand wat vir jou belangrik is, deur dié boek wat nou by CUM beskikbaar is.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page