Wees ‘n kanaal van sy wonderwerke
top of page

Wees ‘n kanaal van sy wonderwerke


Toe sê die Here vir Josua: “Wat Ek vandag gaan doen, sal maak dat al die mense na jou sal opsien as ‘n groot leier. Hulle sal weet dat Ek by jou is soos Ek by Moses was...” Josua 3:7

Wanneer God aan die werk is, gebéúr dinge. Dan word die onmoontlike moontlik. Keer op keer op keer. Jy onthou mos hoe die Here die Rietsee oopgekloof het sodat die Israeliete droogvoets daardeur kon trek. In Josua 3 lees ons hoe Hy vir ‘n tweede keer ‘n water-wonderwerk doen toe Hy die Jordaanrivier laat ophou vloei sodat sy volk veilig aan die ander kant kan kom.

Ook vandag, in hierdie moderne eeu laat God steeds dinge gebeur. Ons sien en hoor hoe iemand onverklaarbaar uit ‘n brandende huis gered word, hoe ‘n vrou wonderbaarlik beskerm word, hoe dokters verstom waarneem dat iemand genees word van ‘n ongeneeslike siekte of hoe die onmoontlike eenvoudig net gebeur.

Moet nooit God se wonderwerkende krag in jou eie lewe onderskat nie. Wanneer jy op sy stem ingestel is, kan Hy ook vir jou kragdadig in die lewens van ander gebruik. Ja, ook jý kan deur jou lewe vir ander laat glo: Daar ís ‘n God: ook in mý lewe.

Wees elke dag ingestel op God se stem in jou. Doen wat Hy vra en word sodoende deel van sy wonderwerk-plan.

Ek wil u wonderwerk-dissipel wees, Here. Ek wil die dinge doen wat sal maak dat ander U sal sien. Gebruik my asseblief.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page